Hierdie Baviaansrivier vloei in die Oos-Kaap. Vir ander riviere met dieselfde naam, sien Baviaansrivier (dubbelsinnig).
Die Baviaansrivier is 'n rivier wat in die Baviaanskloof in die Oos-Kaap van Suid-Afrika vloei.
Ná sy vloei deur die wildernisarea sluit dit aan by die Wittekliprivier wat in die Kougarivier uitmond. Die Kouga sluit na die Kougadam aan by die Grootrivier () om die Gamtoosrivier te word op sy laaste tog van 50 km voor dit uitmond in die Indiese Oseaan naby Humansdorp.
Kategorie:Riviere in Oos-Kaap