Die 8ste Cannes-rolprentfees is van 26 Maart - 10 April 1955 in Cannes, Frankryk, gehou. Die Palme d'Or is toegeken aan Marty deur Delbert Mann. Die fees is geopen met Du rififi chez les hommes deur Jules Dassin en afgesluit met Carmen Jones deur Otto Preminger. Die Franse skrywer en regisseur Marcel Pagnol was die president van die jurie.

Die wispelturige manier waarop pryse tot in 1954 toegeken is, het baie kritiek ontlok en van 1955 af het die jurie bestaan uit buitelandse sterre uit die rolprentbedryf. In 1955 is die Palme d'Or die eerste keer as die hoogste prys op die fees toegeken.

Pryse duimnael|160px|Marcel Pagnol, president van die jurie. Van die mense en prente wat in 1955 pryse ontvang het, is: Palme d'Or: Marty deur Delbert Mann

Beste regisseur: Jules Dassin vir Du rififi chez les hommes en Sergei Vasilyev vir Heroes of Shipka (Geroite na Shipka)

Beste akteur of aktrise: Spencer Tracy vir Bad Day at Black Rock

Jurieprys: Lost Continent deur Leonardo Bonzi, Mario Craveri, Enrico Gras, Angelo Francesco Lavagnino en Giorgio Moser

Beste dramatiese rolprent: East of Eden deur Elia Kazan

Kortprente

Blinkity Blank deur Norman McLaren

Zolotaya Antilopa deur Lev Atamanov

Isole di fuoco deur Vittorio de Seta

La grande pêche deur Henri Fabiani

Verwysings

Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Cannes-rolprentfees