Jewgeni Olegowitsj Soedbin (Russies:Евгений Олегович Судьбин; gebore 19 April 1980,Caroline Benser, At the Piano: Interviews with 21st-Century Pianists, p. 125. Besoek 27 Februarie 2014 Sint Petersburg, Rusland) is 'n Russiese konsertpianis.
Soedbin het by die Sint Petersburg Konservatoria gestudeer. Sy gesin het na Berlyn, Duitsland getrek toe hy tien jaar oud was, en hy het aldaar verskeie klavierkompetisies gewen en by die Hochschule für Musik Hanns Eisler in Berlyn gestudeer. Hy was vir nege jaar 'n leerling van Christopher Elton by die Purcell School en by die Koninklike Akademie van Musiek. Sy opvoeding het ook lesse met Murray Perahia, Claude Frank, Leon Fleisher, Stephen Kovacevich, Dmitri Bashkirov, Fou Ts'ong, Stephen Hough, Alexander Satz, en Maria Curcio ingesluit. Soedbin het reeds die musiek van Mozart, Beethoven, Tsjaikofski, Rachmaninoff, Medtner, Scarlatti, en Skriabin vir die BIS Records plate-etiket opgeneem.
Soedbin woon sedert 1997 in die Verenigde Koninkryk. Hy het in Julie 2008 sy buiging by The Proms gemaak. Soedbin is dieselfde maand met Sally Wei in Italië getroud. Hy is in September 2010 aangestel as besoekende professor in klavier by die Koninklike Akademie van Musiek in Londen.In Julie 2017 was 'n CD op die Pentatone-Oxingale Records plate-etiket uitgereik vir die opening van die Tippet Rise-fees, met uitvoerings deur o.a. Soedbin, Christopher O’Riley en Matt Haimovitz.
Verwysings
Eksterne skakels Jewgeni Soedbin se Amptelike webwerf Virtuoos-pianis Jewgeni Soedbin wy uit oor Safari, Eggs Benedict en die lewe van 'n solis
Kategorie:Russiese pianiste Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1980