duimnael|links|Straattoneel in La Pigna, die historiese middestad (Centro storico) van Sanremo duimnael|links|'n Russiese Soechoi Superjet 100 vlieg verby Sanremo en die Liguriese kus duimnael|links|Sanremo se jaghawe duimnael|links|Musiekfees van Sanremo - die Italiaans-Egiptiese sangeres Dalida (1933−1987) in Januarie 1967 in Sanremo Sanremo, soms ook gespel as San Remo ([sanˈrɛːmo]; Liguries: Sanrému, in die plaaslike dialek Sanrœmu genoem), is 'n stad en munisipaliteit (comune) langs die Mediterreense kus van Ligurië in Noordwes-Italië, net sowat 20 km vanaf die Franse grens geleë. Die stad, waarvan die oorspronge tot in die antieke Romeinse tydperk terugstrek, het 'n bevolking van sowat 54 500.
Sanremo is 'n gewilde toeristebestemming en hersteloord langs die Italiaanse Riviera en tree as gasheerstad vir 'n verskeidenheid kulturele en sportfeeste op, waaronder die Musiekfees van Sanremo (Festival della canzone italiana) en die jaarlikse fietswedren Milano-Sanremo.
Kategorie:Nedersettings in Italië