Jordy Smith (gebore 11 Februarie 1988) is 'n Suid-Afrikaanse branderplankryer. Hy word as Suid-Afrika se voorste branderplankryer gereken en staan op die tweede posisie in die World Surfing Leage (WSL) se ranglys. In 2019 eindig hy in derde plek by die Tahiti Pro Teahupo'o-branderplankkompetisie. Smith sal Suid-Afrika by die Olimpiese Somerspele 2020 verteenwoordig wanneer branderplankry vir die eerste as Olimpiese sporitem beskikbaar is.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse branderplankryers Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1988