Die boek Josua voer die geskiedenis van Israel van die dood van Moses, deur die verowering van Kanaän, tot by die dood van Josua. Hoofstukke 1 tot 12 dek die eerste vyf of ses jaar na die dood van Moses. Die gebeurtenisse wat in die laaste twee hoofstukke verhaal word, het waarskynlik sowat 20 jaar later plaasgevind. Die verowering het, volgens onlangse argeologiese en ander bewyse, waarskynlik om en by 1240vC begin. Dit is waarskynlik dat hierdie verslag aan die begin van die monargie.1045 vC. geskryf is, gedurende die leeftyd van Samuel en voordat Dawid Jerusalem verower hetKyk Jos. 15:63.

Josua is in Egipte gebore. Tydens die uittog en die omswerwinge in die woestyn was hy Moses se regterhand. Hy was 'n militêre bevelvoerder.Eks. 24:13. Toe die wet by sinai gegee is, het hy Moses vergesel. Josua was een van die 12 spioene wat deur Moses gestuur was om die land te verken. Net hy en Kaleb het die geloof en moed gehad aan te beveel dat die land binnegeval moet wordNum. 14:6ev. en gevolglik was hulle die enigste twee wat die omswerwing van die 40 jaar oorleef het. Na die dood van Moses was Josua die klaarblyklike keuse om hom op te volg en die volk te lei.Deut. 34:9.

Israel trek die Beloofte Land binne

Joshua neem oor as leierJos. 1. Hierdie verslag van Josua se opvolging is een van die groot hoofstukke van die Bybel. Moses is dood, maar Good se plan vir die volk gaan voor. Die sleuteltoon van hierdie voorspel tot die verowering is die herhaalde oproepe: Wees sterk, wees vasberade.Jos. 1:6, 7, 9 en 18.

Hierdie wetboek:Deut. 24-26. Joshua saam met Moses toe die wet by Sinai gegee is.

Oor drie dae:Jos. 1:11. die gebeure in hoofstuk 2 het reeds plaasgevind, of dit beteken bloot binnekort.

Ragab en die spioeneJos. 2. Jerigo, die palmstad, is net wes van die Jordaan geleë. Josia was van plan om eers die sentrale deel van Palestina aan te val om noord en suid te verdeel. Jerigo was reg in sy pad geleë, 'n vanselfsprekende eerste deel.

Ragab het die spioene nie uit vrees geherberg nie, maar in die geloof dat die God van Israel die ware God.Kyk. Heb. 11:31. Waar haar geloof geprys word, nie haar onsedelikheid nie. Ragab se huis was op of in die stadsmure gebou. met 'n plat dak waar produkte uitgesprei is droog - in hierdie geval vlas, waaruit sy linnedraad sou weef. Haar huis was 'n plek waarheen die spioene kon gaan sonder om agterdog te wek; en ongetwyfeld 'n goeie plek om inligting in te win. Die Israeliete het hulbelofte aan haar nagekom.Josua 6:22ev. Ragab is naturaliseer, het met Salmon getrou en deur haar seun BoasKyk. Rut 2-4. was sy 'n voorsaat van Dawid en van Jesus.

Die Israeliete steek die Jordaan oorJos. 3. God het sy volk deur die Jordaan gelei in die lente, en die rivier was vol vanweë die sneeu wat gesmelt het. Toe die priesters die rivier ingaan, het die water by Adam, sowat 20 km. hoor op, opgedam, wat die rivierbedding ondertoe droog gelaat het. In 1927 het aardskuddings die hoë klipbanke wan die rivier op dieselfde plek ineen laat stort en die Jordaan was 21 uur opgedam.

Die verbondsark:Jos. 3:3. daarin was die kliptafels waarop die wet gegraveer was. Dit was 'n sigbare teken van God se teenwoordigheid by sy volk en van sy leiding.

Reinig julle:Jos. 3:5. met ander woorde, berei julleself voor vir God. Deur rituale reiniging en morele selfondersoek

Die gedenkteken van klippeJos. 4. Twee klipstapels is gebou, een waar die priesters aan die oostelike oewer van die rivier gestaan het, die ander by Gilgal, hulle eerste laer aan die westelike oewer. Albei stapels moes dien as 'n voortdurende herinnering aan die grootheid van God. In dieselfde streek van die Jordaan het Johannes die Doper gepreekreek en is Jesus gedoop.

Voor julle...voor ons:Jos. 4:23. Van diegene wat die Rietsee deurgetrek het, het min oorgebly. Van diegene ouer as 20 jaar was toe die spioene uitgestuur is, het net Josua en Kaleb nog geleef.

Israel word besnyJos. 5:1-12. Die besnydenis is nie toegepas nie omdat die verbond 40 jaar lank so te sê opgehef was vanweë dié wantroue en ongehoorsaamheid van die volk.Num. 14. Die besnydenis van die nuwe geslag is 'n teken van die hernuwing van die ou verbondsverhouding tussen God en sy volk.

Klipmesse:Jos. 5:2. bronswerktuie het klipwerktuie teen hierdie tyd vervang, maar die tradisionele werktuie word in die ritueel gebruik.

Die manna het weggebly:Jos. 5:12. hierdie spesiale voorsiening van God deur al die jare in die wildernis is nou nie meer nodig nie.

Die val van Jerigo Die verowering van Kanaän was 'n heilige oorlog onder die aanvoering van God. Niemand het dit beter besef nie as Josua, ná sy ontmoeting met die leërowerste van die Here.Jos. 5:13ev. Israel het dit ook geweet, want die ark van God het vooraangetrek. En Israel se vyande het dit geweet, en hulle was bang.Jos. 2:10-11, 5:1. Vir die manne van Jerigo was dit 'n senu-oorlog: die troepe wat in doodse stilte om die stad maarsjeer, die geskel van die ramshorings, dag na dag, tot by die groot klimaks van die sewende dag.

Die banoffer:Jos. 6:17. die stad en die inhoud daarvan is volledig aan God gewy. Dit was dus heiligskennis as iemand vir hulself iets sou hou.

Buite die kamp:Jos. 6:23. hulle moes 'n reinigingstydperk ondergaan.

Die Here sal straf:Jos. 6:28. die puinhoop het 400 honderd jaar so gelê tot met die regering van Agab. Toe het Hiël Jerigo herbou en die vloek het op hom gekom.1 Kon. 16:34.

Akan se oortredingJos. 7. Vanweë 'n Akan se sonde het 36 manne by Ai omgekom en die hele volk voor hulle Kanaänitiese vyande in die skande gesteek. God vereis volkome gehoorsaamheid en die ongehoorsaamheid van een individu raak die hele volk van God.

Ai:Jos. 7:2. beteken puinhoop.

Deur die here aangewys:Jos. 7:14. die skuldige is deur middel van die heilige lot aangewys: die twee stene wat in die borsplaat van die hoëpriester gehou is. Dit is nie meer bekend hoe dit gewerk het nie.

Met klippe doodgegooi...verbrand:Jos. 7:25. maw die gesteelde goedere, tensy sy gesin medepligtig was en dis ook gestraf is.Kyk Deut. 24:16.

Ai word verowerJos. 8. Die getuienis van die opgrawings by Et-Al is moeilik te versoen met die Bybelse rekord, wat die vermoede laat ontstaan dat Ai dalk nie daar geleë was nie. Deur sy taktiek van vlug en hinderlaag trek Josua die grootste moontlike voordeel uit Israel se vorige nederlaag.

Vanaf Ai beweeg Josua noordwaarts om hom by Sigem, in die vallei tussen Ebalberg en Gersijberg te vestig. Hy neem die land in die Naam van God in besit. En die verbond word bevestig soos Moses beveel het.Deut. 27.

30000:Jos. 8:3. moontlik die hele strydmag, tensy daar twee hinderlae was.Jos. 8:12.

Bet-El:Jos. 8:9. die plek waar Jakob sy droom gehad het, 'n vooruitsrewende vestingstad in die vroeë dae van Israel se verblyf in Egipte. Tydens hierdie veldtog, Bet-El en Ai was nie ver van mekaar geleë nie, of later, is die koning van Bet-El verslaan.Jos. 12:16.

Die veldtog in die suide;Jos. 9-10. Die Gibeoniete bedrieg Israel en sluit 'n verbond met hulleJos. 9. Gibeon was 'n belangrike stad sowat 10Km benoorde Jerusalem. Die slinks beplande verdrag (daar is selfs voorgegee dat hulle nie weet van die onlangse oorwinnings by Jerigo en Ai nie), het ook drie ander stede ingesluit. Israel kon hom nie aan 'n vriendskapsverdrag (die gesamentlike maaltyd)Jos. 9:14. onttrek nie. Dit het in die tyd van Dawid nog gegeld. Die meeste wat hulle kon doen, was om slawe van die Gibeoniete te maak.

Verbond van die 5 Amoritiese konings; die lang dagJos. 10. Die verdrag met die Gibeoniete verwikkel Israel onmiddellik in 'n oorlog. Al 5 die Amoritiese konings is by Makkeda gedood en hulle stadstate verwoes in die veldtog wat op die verpletterende nederlaag by Bet-Heron gevolg het. Al die strategiese stede in die suide val. Israel beheer die land nou vanaf Kades-Barnea in die suide tot by Gasa in die weste, en Gibeon in die noorde.

Die lang dag:Jos. 10:12-14. word gewoonlik verstaan as 'n verlenging van die daglig (beteken nie noodwendig dat die son letterlik stilgestaan het nie). Maar die donker is dalk verleng. Daar word vermoed dat dit 'n sonsverduistering was. Josua se verrassingsaanval het teen dagbreek plaasgevind (soos die posisies van die son en die maan in vers 12 ook te kenne gee) en die haelstorm het die donkerheid op daardie uur vererger en so ook die gevolglike verwarring.

Boek van die opregte:Jos. 10:13.: 'n liedereboek waarin nasionale helde geprys word.

Sit julle voete op die...nekkeJos. 10:24. die gebruiklike gebaar waardeur algehele onderwerping aangedui is.

Goosengebied:Jos. 10:41. suid van Hebron, nie Goosen in Egipte nie.

Die veldtog in die noordeJos. 11. Die magtige koning van Hasor het 'n veel gevaarliker verbond met sy leenmanne gevorm as dié van die suide, maar eweneens sonder sukses. Hoewel die strategiese stede onder Israelse beheer was kort nadat hulle Kanaän binnegeval het, het die opruiming lank geduur.Jos. 11:1.

Hasor: groot stad met meer as 40 000 inwoners baie groter as Jerusalem in die tyd van koning Dawid. Die laageleë stad wat Josua verwoes het, is nooit herbou nie.

By Groot-Sidon:Jos. 11:8. Tirus was klaarblyklik nog nie van belang nie.

Die Enakiete:Jos. 11:21. die groot reus wat die spioene met vrees vervul het.Num. 13:33.

Gasa, Gat...Asdod:Jos. 11:22. Filistynse vestings. Die reus Goliat het van Gat gekom.1 Sam. 17:4.

Die verslane vonings van KanaänJos. 12. Die 31 konings wat genoem word, sluit die in wat deur Moses verslaan is. Met die lys word die afdeling oor die verowering afgesluit.

Verdeling van die landJos. 13-21. Nie al die gebiede wat toegewys is, is volledig onderwerp nie en nie al die stamme het hulle bevryde erfdeel heeltemal beset nie. Die skrywer lewer op verskeie plekke kommentaar oor die situasie in die tyd.

Grond wat nog nie verower is nieJos. 13:1-7.

Josua was al baie oud. Die Here het vir hom gesê:"Jy is al baie oud, en daar is nog 'n baie groot deel van die land wat in besit geneem moet word. Die deel wat oorbly, is daar al die Filistynse gebiede en die hele Gesergebied. Die gebied van die se Sigor af teen Egipte tot by die Ekrongebied in die noorde word as Kanaänitiese gebied beskou. Dit is die gebiede van die vyf Filistynse regeerders, die van Gasa, Asdod, Askelon, Gat en Ekron, en dit sluit die gebied van die Awwiete in.

Verder is daar die hele Kanaänitiese gebied van Teman af, die Gebalgebied van Meara af wat aan die Sidoniërs behoort, tot by Afek aan die Amoritiese grens en die hele Libanon aan die oostekant, van Baäl-Gad suid van Hermonberg af tot by Lebo-Hamat.

Ek sal al die bewoners van die bergwêreld verdryf om vir die Israeliete plek te maak, van die Libanon af tot by Misrefor-Majim, al die Sidoniërs. Intussen moet jy hierdie gebiede as besittings aan Israel toewys soos Ek jou beveel het. Verdeel dis nou die land vir die nege stamme en die halwe manassestam." Die gebied oos van die JordaanJos. 13:8-14. Saam met die ander helfte van die Manasse-stam het die stamme Ruben en gad reeds hulle besitting ontvang wat Moses aan hulle toegeken het oorkant die Jordaan, aan die oostekant.

Die stamgebied van RubenJos. 13:15-23. Hierdie gedeelte bespreek die gebiede wat aan die families in die stam Ruben toegeken is.

Die stamgebied van GadJos. 13:24-28. Hierdie gedeelte beskryf die gebiede wat aan die stam Gad toegeken is.

Die stamgebied aan die een helfte van ManasseJos. 13:29-33. Hierdie gedeelte beskryf die gebiede wat aan die families van die halwe stam van Manasse toegeken is.

Die Israelitiese gebied wes van die JordaanJos. 14:1-5. Hierdie gedeelte gee 'n oorsig van die gebiede wat die Israeliete in Kanaän ontvang het. Die priester Eleasar n Josua seun van Nun het saam met die stamhoofde die gebiede aan die Israeliete toegeken, dit is dan die nege stamme en die halwe stam. Dit is gedoen deur loting soos die Here deur Moses beveel het.