230px Alison en Peter Smithson

Engelse argitekte

Gebore (Alison) 22 Junie 1928 in Sheffield, Suid-Yorkshire, Engeland

Oorlede 14 Augustus 1993 in Londen, Engeland

Gebore (Peter) 18 September 1923 in Stockton-on-Tees, Engeland

Oorlede 3 Maart 2003 in Londen, Engeland

Skool Nuwe Brutalisme

Beduidende projekte

The Economist-gebou, Londen (1959-65) Britse Ambassade in Brasília (1961)Met hul ontwerp is Alison en Peter Smithson as wenners van 'n kompetisie aangewys, maar uiteindelik is die projek weens finansiële beperkinge nie verwesenlik nie. Robin Hood Gardens-behuisingskompleks, Londen (1972)

200px Alison Margaret Smithson (22 Junie 1928 – 14 Augustus 1993) en Peter Denham Smithson (18 September 1923 – 3 Maart 2003) was Engelse argitekte wat 'n gemeenskaplike ateljee gevestig en 'n beslissende bydrae gelewer het tot 'n stroming binne die Britse boukuns waarna as Nuwe Brutalisme verwys word, veral in die velde van argitektuur- en stadbeplanningsteorie. Met hul vormtaal van puristiese modernisme was die Smithsons van die eerste argitektuurteoretici wat die modernistiese benadering tot ontwerp en stadsbeplanning bevraagteken het. duimnael|links|Die halfverlate Park Hill-woonstelkomnpleks in Sheffield in 2007 duimnael|links|'n Street in the sky in Park Hill Peter het sy akademiese opleiding in argitektuur in Newcastle begin in 'n tersiêre instelling wat destyds nog deel uitgemaak van die Universiteit van Durham, maar was genoodsaak om sy studies met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog tydelik te staak. Hy het vervolgens in die Britse leër gedien as Ingenieur in Indië en Burma (tans Mianmar). Toe hy na die einde van die oorlog sy studies in Durham hervat het, het hy kennis gemaak met Alison Gill. Die paar het in 1949 in die huwelik getree nadat Alison haar graad in argitektuur verwerf het. Die paar het sy loopbaan in die Londense Graafskapsraad se Departement Argitektuur begin waaraan in dié tyd omvangryke bevoegdhede verleen is, insluitende stadsbeplanning en munisipale behuising.Arch Daily, 22 Junie 2019: Spotlight: Alison and Peter Smithson. Besoek op 11 Augustus 2019

Met hul eie ontwerpe het hulle 'n nuwe boustyl help ontwikkel wat as Brutalisme sou bekendstaan, met die streets in the sky-konsep vir behuisingsbeplanning wat rigtingwysend sou wees vir munisipale behuisingsprojekte in die Verenigde Koninkryk gedurende die 1950's en 1960's: die oprigting van toringgeboue.

Verwysings

Kategorie:Britse argitekte