Nuer (Thok Naath) is 'n Nilo-Sahariese taal wat deur die Nuer-volk van Suid-Soedan en westelike Ethiopië (Gambela) as moedertaal gepraat word.
duimnael|links|Duitstalige taalkundige kaart van Soedan. Let op die ou grens tot op 9 Julie 2011, wanneer Suid-Soedan sy onafhanklikheid verkry het duimnael|links|'n Man uit Suid-Soedan gee 'n voorbeeld van Nuer Nuer is die naaste verwant aan Dinka, die taal van die Nuer se tradisionele aartsvyande, die Dinka; albei is van Oos- en Sentraal-Afrika se mees verspreide inheemse tale. Luo is ook nou verwant.
Nuer is nes baie Afrikatale tonaal met 'n onderwerp-werkwoord-voorwerp-volgorde. Dit word in die Latynse alfabet met bykomende letters geskryf.
Die Nuer-volk bly veral langs die Nylrivier, in die besonder die oostelike oewer van die Wit Nyl – 'n belangrike sytak wat in 'n noordelike rigting deur Suid-Soedan vloei – noord en suid van die Sudd in die suidelike Sudan se drie voormalige provinsies: Bahr el Ghazal, Bo-Nyl en suidelike Kordofan. Sedert 9 Julie 2011 behoort die gebied tot Suid-Soedan.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Nilo-Sahariese tale Kategorie:Tale van Ethiopië Kategorie:Tale van Suid-Soedan