Alice Sara Ott (gebore op 1 Augustus 1988) is 'n Duits-gebore Japannese klassieke pianis en die ouer suster van Mona Asuka Ott.

Vroeë lewe en opvoeding Ott was in 1988 in München, Duitsland gebore. Haar Japannese moeder het in Tokio klavier studeer, en haar vader was 'n Duitse siviele ingenieur. Sy vermeld dat sy as kind besef het dat "musiek die taal was wat verder gaan as enige woorde" en dat sy deur musiek wou kommunikeer en haarself uitdruk. Sy het op die ouderdom van vier jaar met klavierlesse begin en op die ouderdom van vyf jaar die finale deel van die jeugkompetisie in München gehaal. Sy het voor 'n gepakte Hercules-Saal gespeel.

Sy het op die ouderdom van sewe jaar die Jugend musiziert kompetisie in Duitsland gewen.

In 2002 was sy die jongste finalis tydens die Hamamatsu Internasionale Klavier-akademie kompetisie in Japan waar sy die Mees Belowende Kunstenaars toekenning gewen het.

Sy het van die ouderdom van twaalf jaar by die Salzburg Mozarteum saam met Karl-Heinz Kämmerling gestudeer terwyl sy voortgegaan het met haar skoolopvoeding in München. Ott het reeds tydens verskeie klavierkompetisies pryse gewen, insluitende eersteprys tydens die 2004 Pianello Val Tidone Kompetisie.

Haar suster Mona Asuka Ott is ook 'n professionele pianis.

In Februarie 2019 het Ott op Instagram aangekondig dat sy met veelvuldige sklerose gediagnoseer is.

Loopbaan Ott het opnames vir Deutsche Grammophon gemaak en toer gereeld in Europa, Japan en die Verenigde State. Sy het eersteprys gewen tydens die 2003 Bach Kompetisie in Köthen, die 2004 Pianello Val Tidone Kompetisie in Italië, en die 4de EPTA (Europese Klavieronderwysers Assosiasie) Internasionale Kompetisie in 2005.

Opnames Ott beskik oor 'n opname-kontrak met Deutsche Grammophon and her recordings include: 2009 – Liszt: Études d'exécution transcendente 2010 – Chopin: Volledige Walse 2010 – Liszt: Klavierconcerto No. 1 en Tsjaikofski: Klavierconcerto No. 1 2011 – Beethoven: Klaviersonates No.3 in C, Op.2 No.3 en No.21 in C, Op.53 (Waldstein) 2013 – Moessorgski: Prente by 'n Uitstalling en Schubert: Klaviersonate in D majeur, D8502014 – Scandale (met Francesco Tristano) - Tristano: A Soft Shell Groove; Strawinski: Die Rite van Lente; Rimski-Korsakof: Scheherazade – Die Storie van die Kalendar Prins; Ravel: La Valse2015 – The Chopin Project (met Ólafur Arnalds) 2016 – Wonderland. Edvard Grieg : Klavierconcerto In A Mineur, Op.16; Liriese Stukke Boek I, Op.12, Album Leaf; Elf-Dans; Boek III, Op.43, Skoenlapper; Aan Lente; Boek V, Op.54, Mars Van die Trolle; Notturno; Boek VII, Op.62, Stroompie; Boek VIII, Op.65, Ballade; Troudag By Troldhaugen; Boek X, Op.71, Eens Op 'n Tyd; Peer Gynt Suite No.1, Op.46, In Die Saal Van die Bergkoning; Peer Gynt Suite No.2, Op.55, Solveig se Lied; 2018 - Nightfall''

Verwysings

Eksterne skakels Ott se amptelike webtuiste Deutsche Grammophon biografie

Kategorie:Geboortes in 1988 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Japannese pianiste