Neil Leslie Diamond (gebore 24 Januarie 1941) is 'n Amerikaanse sanger, liedjieskrywer en akteur. Met 38 liedjies in die Top-10 op die Billboard Adult Contemporary-treffersparade het hy meer as 100 miljoen albums wêreldwyd verkoop, wat hom een van die topverkopermusikante van alle tye maak. Op die Hot 100 en Adult Contemporary-treffersparade het hy tien no. 1-enkelsnitte gehad: Cracklin Rosie, Song Sung Blue, Longfellow Serenade, I've Been This Way Before, If You Know What I Mean, Desiree, You Don't Bring Me Flowers, America, Yesterday's Songs en Heartlight.
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse musici Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Geboortes in 1941 Kategorie:Lewende mense