240px Apuaanse Alpe

Maak deel uit van die Apennyne-bergreeks

Ligging Administratiewe streek Toskane

Ligging in Italië 200px

Hoogste bergpiek

200px Monte Pisanino (1 946 m) Die Apuaanse Alpe (Italiaans: Alpi Apuane) is 'n bergreeks in die noordweste van die Italiaanse administratiewe streek Toskane, geleë tussen die stede Lucca en La Spezia. Dikwels word die Apuaanse Alpe as die aantreklikste berggebied in Toskane beskryf, maar dit is die marmergroewe van Carrara waaraan die reeks sy bekendheid te danke het.

Ondanks sy naam maak die gebergte nie deel uit van die magtige Alpereeks verder noordwaarts nie. Geologies word dit by die Apennyne-bergreeks gereken, terwyl sy naam van 'n antieke Liguriese stam afgelei is, die Apuane.

Kategorie:Bergreekse in Italië