Fon (fɔ̀ngbè, [fɔ̃̀ɡ͡bē]) is 'n Niger-Kongo-taal in Wes-Afrika wat deur sowat 1,9 miljoen mense gepraat word. Dit word deur die Fon-volk gepraat en is veral in die suide van die lande Benin, Nigerië en Togo versprei.

duimnael|links|Verspreiding van die Gbe-tale met Fon in pers duimnael|links|Die woord "welkom" (Kwabɔ) in Fon by 'n apteek op die lughawe in Cotonou, Benin duimnael|links|Die Onse Vader in Fon Fon behoort tot 'n groep van verwante tale, die Gbe-tale, wat in die weste deur die Voltarivier begrens word en oor die suide van die lande Ghana, Togo, Benin en Nigerië langs die kus van die Bog van Benin streek. Hierdie Gbe-tale vorm 'n dialekkontinuum bestaande uit Aja, Ewe, Fon, Gen en Phla-Pherá.

Fon is nes baie Afrikatale tonaal met 'n onderwerp-werkwoord-voorwerp-volgorde. Die bekendste woord is waarskynlik vodun [vodṹ] wat in Ewe en Fon "gees" of "godheid" beteken. Fon vorm saam met ander tale die grondslag waaruit Haïtiaanse Kreools ontwikkel het.

Ortografie Die Fon-alfabet is gebaseer op die Latynse alfabet met die bykomende letters Ɖ/ɖ, Ɛ/ɛ en Ɔ/ɔ, asook die digrawe gb, hw, kp, ny en xw.

+Fon-alfabet Hoofletters A B C D Ɖ E Ɛ F G GB H HW I J K KP L M N NY O Ɔ P R S T U V W X XW Y Z Kleinletters a b c d ɖ e ɛ f g gb h hw i j k kp l m n ny o ɔ p r s t u v w x xw y z Uitspraak (IPA)

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Niger-Kongo-tale Kategorie:Tale van Benin Kategorie:Tale van Nigerië Kategorie:Tale van Togo