Die Kanuri (Kanuri: Kanouri, Kanowri, ook Yerwa, Bare Bari en verskeie benamings vir ondergroepe) is 'n Nilo-Sahariese etniese groep inheems aan die gebied van die voormalige Kanem- en Bornu-ryke in Kameroen, Niger, Nigerië en Tsjad, dit wil sê rondom die Tsjadmeer. Die term Kanuri sluit verskeie ondergroepe in, waarvan sommige hulself nie as Kanuri beskou nie. Die meeste beskou die regerende geslagte van die Middeleeuse Kanem-Bornu-ryke en sy kliëntstate of provinsies as hul voorsate. In teenstelling met die naburige Toubou of Zaghawa-veeboere is Kanuri-groepe tradisioneel gevestig en beoefen landbou, visvang in die Tsjadmeer, en hou hulle besig met handel en soutverwerking.
duimnael|links|Vlag van die Kanuri duimnael|links|Verspreiding van Kanuri-dialekte rondom die Tsjadmeer Wêreldwyd leef sowat 10 miljoen Kanuri, waarvan amper 7 miljoen in Nigerië (1,7% van die bevolking), 1,1 miljoen in Tsjad, 850 000 in Niger en 56 000 in Kameroen. Kanuri bly veral in Noord-Kameroen, Suidoos-Niger, Noordoos-Nigerië en Suidwes-Tsjad, dus rondom die Tsjadmeer.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Etniese groepe in Kameroen Kategorie:Etniese groepe in Niger Kategorie:Etniese groepe in Nigerië Kategorie:Etniese groepe in Tsjad Kategorie:Inheemse volke van Afrika