Skáld is 'n Franse neofolk-projek en -groep wat deur die digkuns en musiek van vroeg-Middeleeuse Skandinawiese skalde geïnspireer is. Skalde het 'n belangrike rol in die Middeleeuse Skandinawiese samelewing gespeel as storievertellers, digters en musikante.
Die projek is in 2018 gestig toe die musiekvervaardiger en komponis Christophe Voisin-Boisvinet kennis gemaak het met drie hoogs begaafde sangers wie se stemme deur ongewone timbres gekenmerk word. Hulle het saamgespan om nuwe lewe in Skaldiese poësie te blaas en musiek met Oudnoorse lirieke te komponeer wat volgens die Skalde se oorspronklike sangstyl voorgedra en deur historiese instrumente begelei word. Skáld volg sodoende in die voetspore van neofolk-musikante soos Wardruna, Ivar Bjørnson & Einar Selvik en Skuggsja.Metalglory Music Magazine, 18 Februarie 2019: SKÁLD – „Vikings Chant“. Besoek op 11 Augustus 2019
Skáld se debuutalbum Le Chant des Vikings / Vikings Chant is in Januarie 2019 vrygestel.
Diskografie Le Chant des Vikings (2019) Vikings Memories (2020)
Verwysings
Eksterne skakels Media
YouTube.com: Skáld - Ginnunga YouTube.com: Skáld - Gleipnir
Kategorie:Franse musiekgroepe