duimnael|Lafayette-klas duikboot: USS Woodrow Wilson Die Lafayette-klas duikboot is 'n kernaangedrewe klas duikbote van die Amerikaanse Vloot wat ballistiese missiele gedra het en ontwikkel is uit die Ethan Allen-klas. Daar is nege duikbote in die klas in diens gestel wat oor 'n 18 maande periode geskied het vroeg in 1963. Die eerste duikboot, USS Lafayette, is op 4 Januarie 1964 in diens gestel. Oor die volgende drie jaar het die Lafayette vyftien patrollies voltooi. Haar 15de patrollie was ook die 400ste patrollie deur die duikbote wat Polaris-missiele gedra het. Die jaar daarna was sy na Newport Dry Dock Company waar sy opgradering ondergaan het, dit het bykans 'n jaar geneem.

Die duikboot USS James Monroe, van hierdie klas, aanvanklik toegerus met Polaris A-2 missiele, was opgradeer en toegerus met Polaris A3-missiele.

Nog 'n ontwikkeling in hierdie klas het plaasgevind toe die Trident I ballistiese missiel beskikbaar geword het. Die Trident was ontwikkel om deur die Ohio-klas duikboot gedra te word, maar die Ohio-klas was sou eers in 1979 beskikbaar wees. Ses van die Lafayette-klas duikbote is aangepas om die Trident te dra. Dit het verseker dat hierdie klas oor drie dekades diens kon doen. Die eerste duikbote in die klas is in die laat 1980's uit diens onttrek en die laaste in 1994.

Benjamin Franklin-klas duikboot Die Benjamin Franklin-klas duikboot is feitlik identies as die Lafayette-klas maar beskik oor nuwer en stiller masjinerie en is beskou as 'n nuwe klas. Twee duikbote in die klas, USS Kamehameda en USS James K. Polk is later omgeskep in aanvalsduikbote om operasies saam met SEAL-magte te kan doen.

Duikbote in die klas Duikbote van die Lafayette-klas:Gardiner and Chumbley 1995, p.612. California Center for Military History

Naam en wimpelnommer Bootbouer Kiel gelê Te water gelaat In diens gestel Uiteinde USS Lafayette (SSBN-616)General Dynamics Electric Boat17 Januarie 19618 Mei 196223 April 1963Uit diens gestel op 12 Augustus 1991. Herwin deur die Ship-Submarine Recycling Program, 1992 USS Alexander Hamilton (SSBN-617)General Dynamics Electric Boat26 Junie 196118 Augustus 196227 Junie 1963Uit diens gestel op 23 Februarie 1993. Herwin deur die Ship-Submarine Recycling Program, 1994 USS Andrew Jackson (SSBN-619)Mare Island Naval Shipyard26 April 196115 September 19623 Julie 1963Uit diens gestel op 31 Augustus 1989. Herwin deur die Ship-Submarine Recycling Program, 1999 USS John Adams (SSBN-620)Portsmouth Naval Shipyard19 Mei 196112 Januarie 196312 Mei 1964Uit diens gestel op 24 Maart 1989. Herwin deur die Ship-Submarine Recycling Program, 1996 USS James Monroe (SSBN-622)Newport News Shipbuilding and Drydock Co.31 Julie 19614 Augustus 19627 Desember 1963Uit diens gestel op 25 September 1990. Herwin deur die Ship-Submarine Recycling Program, 1995 USS Nathan Hale (SSBN-623) General Dynamics Electric Boat2 Oktober 196112 Januarie 196323 November 1963Uit diens gestel op 3 November 1986. Herwin deur die Ship-Submarine Recycling Program, 1994 USS Woodrow Wilson (SSBN-624) Mare Island Naval Shipyard13 September 196122 Februarie 196327 Desember 1963Uit diens gestel op 1 September 1994. Herwin deur die Ship-Submarine Recycling Program, 1998 USS Henry Clay (SSBN-625) Newport News Shipbuilding and Drydock Co.23 Oktober 196130 November 196220 Februarie 1964Uit diens gestel op 5 November 1990. Herwin deur die Ship-Submarine Recycling Program, 1997 USS Daniel Webster (SSBN-626) General Dynamics Electric Boat28 Desember 196127 April 19639 April 1964Uit diens gestel op 30 August 1990. Omgeskakel na die drywende opleidingsksip (MTS-626) met missiel kompartement verwyder.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Lafayette-klas duikboot: Item Statistiek Verplasing (oppervlak) 7 022.3 metrieke ton Verplasing (onderwater) 7 981.9 metrieke ton Lengte 129,6 m Breedte 10,06 m Aandrywing 1 x S5W kernreaktor2 x stoom turbines van 11,185.5 kW Spoed (oppervlak) 20,0 knope Spoed (onderwater) 25,0 knope Bemanning 143 persone Wapens 16 buise vir Polaris of Poseiden missiele 4 x 533 mm torpedobuiseMk4/16 teenskip torpedo'sMk 37 teen-duikboot torpedoMk 45 Astor kernkrag torpedoMk 48 teen-duikboot torpedo

Bron The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines, Bernard Ireland en John Parker, 2015,

Verwysings

Kategorie:Duikbote