Die Tobol (Kasaks: Тобыл, Tobyl; Russies: Тобол) is die tweede grootste sytak van die Irtisj (net na die Isjim), op sy beurt 'n sytak van die Ob in Siberië en Noord-Asië. Die rivier, met 'n lengte van 1 591 km, ontspring in die Toergai-Hoogland, Kasakstan. Aansluitend vloei die rivier, in Kasakstan Tobyl genoem, in 'n noordoostelike rigting en bereik die Russiese grens. Die Tobol vloei verder in 'n noordoostelike rigting deur die oblaste Koergan en Tjoemen. Koergan is die grootste stad langs die Tobol se onderloop in Rusland. In Tobolsk mond die Tobol in die Irtisj uit.
Eksterne skakels
Kategorie:Riviere in Kasakstan Kategorie:Riviere in Rusland Kategorie:Siberië