Eksodus Die boek Eksodus is die geskiedenis van Israel se geboorte as 'n nasie. Die verhaal word oorheers deur Moses. Dit is hy wat sy volk uit Egipte lei. Deur hom is die wet van God geopenbaar. Die boek word in 2 dele verdeel, nl.

Israel se bevryding uit slawerny in Egipte.Eks. 1-19. Die openbaring van die wet en die bou van die tabernakel by Sinai.Gen. 20-40.

Levitikus Levitikus is in wese 'n wetboek. Dit gaan hoofsaaklik oor Offers en die feeste.

Deuteronomium Dit is die verslag van Moses se afskeidsredes aan Israel, op die vooraand van die intog in Kanaän, ongeveer 1260vC.

Numeri Numeri dek 38 jaar in die geskiedenis van Israel: die tydperk van die omswerwing in die Sinai-woestyn. Dit begin 2 jaar na die vlug uit Egipte, en eindig op die vooraand van die intog in Kanaän. Die titel kom van die telling (sensus) van Israel. Dit begin en eindig met volkstellings.

Israel in EgipteEks. 1-12:36.

AgtergrondGen. 1. Byna 300 jaar het verloop sedert die dood van Josef. Jakob se mense is reeds sowat 370 jaar in Egipte. Hul vorige bevoorregte posisie bestaan nie meer nie. Hulle is nou 'n volk van slawe onder farao Ramses II en 'n dinastie wat lank reeds vergeet het wat Egipte aan Josef verskuldig is.

Die bestaan van so 'n groot groep vreemdelingeKyk Eks. 12:37. in sy grensgebiede stem die farao lank reeds onrustig. Hier is geleentheid om te verseker dat hulle nie moeilikheid maak nie. Die volk word verdeel in werkspanne om, onder toesig, modder uit te grawe en stene te maakvir die bou van nuwe stede.

Maar ondanks die slawearbeid neem die bevolking se getalle toe. Die farao besluit om die probleem op 'n direkte wyse op te los,Gen. 1:15-22. net om deur die geloof van vroedvroue gefnuik te word.

Moses, Prins en VlugtelingGen.2. Alle Hebreeuse babaseuntjies moet in die Nyl verdrink word, lui die farao se bevel. Maar die Nyl kan ook 'n waterdigte mandjie laat drywe – en so word Moses se lewe deur sy moeder se vindingrykheid gered.

Moses was 40 toe hy sy 1ste. Bevrydingspoging aangewend hetEks. 2:11-12. – met rampspoedge gevolge. Nog 40 jaar moes verloop voor die gebeurtenisse van hoofstuk 3.Hand. 7:23; Eks. 7:7.

Die farao se dogter was waarskynlik sy dogter by een van sy bywywe, nie 'n prinses met koninklike bloed nie. Moses het waarskynlik in die harem groot geword, waar hy leer lees en skrywe het, en verskeie vaardighede en sportsoorte aangeleer het.Hand. 7:22.

Die MidianieteEks. 2:15. was afstammelinge van Abraham deur sy 2de vou, Ketura. Hulle was woestynbewoners. Moses kon skaars 'n beter leerskool vir sy woestyntrek met Israel gehad het as hierdie jare van nomadiese lewe.

Die brandende bosEks. 3-4. Moses is inderdaad in Sinai (Horeb), die presiese plek waar hy later die wet sou ontvang.

God het vir Moses 'n grootse opdrag. Hy is die man wat die boodskap van God aan die farao sal oordra en sy volk na vryheid sal lei – maar die gesant is uiters onwillig. Hy opper die een beswaar na die ander, maar elkeen word deur God verwerp:

"Wie is ek dat ek dit...sou waag?" "Ek sal by jou wees."Eks. 3:11. "Sê nou...hulle vra vir my: 'Wat is sy naam?' wat moet ek dan vir hulle sê?" God openbaar hom as die God van hulle voorvaders en God van die hede: "Ek is."Eks. 3:13. "Sê nou (hulle) glo my nie?" God gee 3 tekens wat die volk sal oortuig.Eks. 4:1. "...ek kan nie goed praat nie." God, sy Skepper, sorg dat hy kan praatEks. 4:10. "...stuur liewer iemand anders." Dit sal God nie doen nie, maar stuur Aäron saam.Eks. 4:13.

Die buit uit EgipteEks. 3:21ev. het later die tabernakel toegerus.

AäronEks. 4:14. was 3 jaar ouer as Moses. Hy was waarskynlik gebore voor die farao se edik. Mirjam was die oudste.

Moses het versuim om sy seun te laat besny, en God kan ongehoorsaamheid nie oor die hoof sien nie, selfs nie by 'n uitverkore nie. Sippora stel die saak reg en Moses se lewe word gespaarEks. 4:24-26.

Farao wen die eerste rondeEks. 5-6:12. Die eerste versoek aan farao vererger die toestand en die volk keer hul rug teen hulle "bevryder." In sy vertwyfeling wend Moses hom weer na sy God.

Dit is bekend dat selfs gewone mense vryelik toegang gehad het tot farao Ramses II. Omdat Moses in die harem grootgeword het, kon hy te meer aanspraak maak op Ramses se aandag.

Moses en Aäron se geslagsregisterEks. 6:13-26. Soos dikwels in die Skrif, is die lys selektief. Dit toon aan dat Moses en Aäron afstammelinge van Jakob was deur die geslag van Levi. Die lys dek die periode van Israel se verblyf in Egipte.

Die 9 plaeEks. 6:27-10:27. Farao het Moses se versoek aangehoor en verwerp. Hy het getoon watter soort man hy is:

En wie is die Here nogal...? Ek ken die Here nie...en ek sal Israel nie laat gaan nie."Eks. 5:2.God stuur nou 'n reeks strafgerigte om die farao en sy mense te leer wie Hy is, en om die omvang van sy mag aan hulle te toon.

9 keer laat God Homself geld en die farao, sy towenaars en al die gode van Egipte is magteloos teen sy strawwe.

Die Nyl, lewensaar van volk se ekonomie en aanbidding, verander in bloed. Al die visse sterf.Eks. 7:14-24. 7 dae later begin die paddas skuiling vind in die huiseEks. 7:25-8:15. Muggies teister Egipte, die muggies wat uitgebroei het tussen die karkasse van die dooie visse en paddas.Eks. 8:16-19. Daarna is dit die steekvlieë se beurt.Eks. 8:20-32. Toe breek daar pes onder die Egiptenare se vee uit.Eks. 9:1-7. Daarna word die Egiptiese mense en diere met swere, wat aanhoudend etter, bestraf.Eks. 9:8-12. Hierna vold hael, wat alles wat buite was, stukkend geslaan het.Eks. 9:13-35. Hierna het 'n ooste wind springkane gebring na Egipte. Die land was toe onder hulle en dit was donker. Hulle het elke groen sprietjie opgevreet.Eks. 10:1-20. Hierna het die Here 3 dae donkerte oor Egipte gestuu.Eks. 10:21-27.

Dood van eersgeborenes: die paasfeesEks. 10:28-12:36. Die voorspel is verby. God se waarskuwingsEks. 4:22-23. sou binnekort bewaarheid word. Maar wat vir farao en sy mense die einde is, is vir Israel die begin. Die dag wat God die dood oor al die eersgeborenes van die Egiptenare gebring het en sy eie volk bevry het, sou deur al die eeue heen onthou word.

'n Nuwe fees is ingestel en 'n nuwe godsdienstige jaar is ingestel. Die paaslam versinnebeeld God se beskerming en voorsorg vir sy volk Israel, sy eersgeborene.

Die bitterkruie herinner aan hul lyding in Egipte, die plat, ongesuurde brode aan die haas waarmee hulle moes vertrek.

Nietemin vertrek hulle nie met leë hande nie. Vir die lang jare van slawerny word in 'n mate vergoed deur die klere en juwele waarmee die Egiptenare, nou gretig om hulle te sien gaan, die Israeliete oorlaai.

Uit Egipte na SinaiEks. 12:37-19:25. Die reis beginEks. 12:37-13:21. Soos God voorspel hetGen. 15:13-14. is Israel vry na 4 eeue in 'n vreemde land.Van ongeveer 100vC tot 1300 of 1290vC. Die reis na die grens begin. Maar eers is daar verdere voorskrifte oor die viering van die paasfees, wie daaraan mag deelneem en waar dit moet plaasvind. Verder moet dit op tweërlei wyse herdenk word:

Vir 7 dae na die paasfees moet die volk ongesuurde brood eet ter herdenking van hul haastige vertrek uit Egipte; Aangesien Israel se vryheid deur die dood van die eersgeborenes van Egipte "gekoop" is, behoort die eersgeborenes van Israel in 'n spesiale sin aan God en moet hulle van Hom "tergluggekoop" word.

Agtervolging en ramspoedEks. 14. Vasgekeer tussen die see en die farao se krygsmagte, kom Israel vir die 1ste keer voor 'n groot geloofstoets te staan – en raak paniekerig. Terwyl God die waters terugdtyf sodat die volk veilig kan deurgaan, en die vloedgolf op die farao se leër laat afstort, leer Israel die waarheid van Moses se woorde:"Die Here sal vir die julle veg."Eks. 14:14.

Moses se oorwinningEks. 15:1-21. As 'n oorwinning ooit verdien het om vir die nageslag opgeteken te word, is dit hierdie een. Moses lei sy mense in 'n triomfantelike lofsang. God het Israel gered. Hy het hul vyande vernietig. Mirjam en al die vroue neem die refrein op en dans van vreugde. Die lied is 'n pragtige voorbeeld van ou semitiese poësie.

Israel in die woestyn in SinaiEks. 19; Num. 1-10:10. Soos God beloof het, lei Moses die volk van God na die berg Sinai. Hier wil God sy verbond met Israel sluit. Donderweer, vuur, aardbewings en weerlig kondig God se teenwoordigheid aan en toon sy mag.

Die algemene sensusNum. 1. Die doel van die sensus was om 'n lys te maak van al die manne ouer as 20 wat geskik is vir militêre diens. Die Leviete is uit hoofde van hul ander pligte uitgesluit.Sien Num. 3. Moses en Aäron, die godsdienstige en siviele leiers, is in bevel van die sensus, bygestaan deur een verteenwoordiger van elke stam.

In die 2de sensusNum. 26. wat 38 jaar later, na die dood van Aäron gehou is, neem sy seun Eleaser sy plek in.

Die latere syfer was effens minder as hier. In Egipte het die bevolking vinnig aangewas, maar nou word die groei beperk deur die moeilike toestande in die woestyn en die oordele wat hul ongehoorsaamheid oor hulle bring.

Die kampordeNum. 2. Wanneer die volk getrek het, het die 3 oostelike stamme, onder leiding van Juda, voor getrek. Die Gerson en Merarigroep het die tabernakel gedra, daarna het Ruben, Simeon en Gad gekom, gevolg deur die Kehatgroep met die heiligdom. Die noordelike stamme, Dan, Aser en Naftali, het die agterhoede gevorm. Die stamhoofde was dieselfde as wat met die sensus gehelp het.

Ramses II van Egipte het dieselfde reghoekige formasie in sy Siriese veldtog gebruik, dus lyk dit of Moses sy vroeëre militêre opleiding in Egipte goed gebruik het.

Die vaandelsNum.2:2. was volgens tradisie 'n leeu vir Juda, die kop van 'n mens vir Ruben, 'n os vir Ruben en 'n arend vir Dan.

God kies die Leviete vir spesiale diensNum. 3. God se aanspraak op die eersgeborenes strek terug na die nag van die paasfees.Eks. 12. Nou aanvaar God die Leviete in plaas van die eersgeborenes van die hele Israel. Die oorblywendes wat nie deur Leviete verplaas kon word nie, is met geld losgekoop.

Die Leviete ontvang hulle opdragteNum. 4. Die 2de sensus van Leviete noem diegene tussen 30 en 50 jaar wat vir diens in die tabernakel in die in aanmerking gekom het. Die ouderdomsbeperkings het van tyd tot tyd verskil.Kyk Num. 8:24 en 1 Kron. 23:24.

Die Kehatgroep is verantwoordelik om die heilige voorwerpe van die heiligdom te dra nadat die priesters hulle uitmakaar gehaal en bedek het.Num. 1-20.

Die Gersongroep was in bevel van die vervoer van die gordyne en bedekkings van die tabernakel en voorhof onder toesig van Itamar.Num. 4:21-28.

Die Merarigroep moes die raamwerk – pilare, penne, koorde – in stand hou en vervoer, ook onder toesig van Itamar.

Waens wat deur 'n span osse getrek was, was aan die Gerson- en Merarigroepe voorsien.Num. 4:29-33 en 7:7-8.

Verskeie wette; die wet oor jaloesieNum. 5. Alle onreines is uit die kamp gestuur.Num. 5:1-4.

Wanneer iemand 'n medemens benadeel moet hy/sy hul sonde bely en moet die volle skade plus 'n 5de teruggee word en moet ook nog 'n ram voorsien waarmee die priester vir die skuldige versoening moet doen.Num. 5:5-8..

Die offergawes wat die Israeliete na die priester bring vir die diens van die Here, behoort aan die priester. Die gewyde gawes wat iemand bring, bly sy eie, maar wat die priester toekom, moet aan hom gegee word.Num. 5:9-10.

Die ondersoek na vermeende ontrouheid word beskryf. Verhore van die aard was in die ou dae nie so buitengewoon nie, en hulle is ook bekend in Indië en Afrika.Num. 5:11-31.

Voorskrifte vir die NasireërNum. 6:1-21. 'n Spesiale gelofte gee aan die Nasireër spesiale status. Die sigbare tekens van toewyding aan God was:

onthouding van wyn en sterk drank; ongesnyde hare; spesiale sorg om besoedeling by wyse van kontak met 'n dooie liggaam te voorkom.

Hierdie gelofte was gewoonlik vir 'n beperkte tyd, maar Simson byvoorbeeld het 'n lewenslange gelofte gehad.Rigt. 13-16.

Prieserlike seënNum. 6:22-27.