Die Dardiese tale, ook Dardu-tale of Pisaca-tale is 'n taalfamilie van omtrent 25 nou verwante tale wat deur sowat 6 miljoen mense in Oos-Afghanistan, Noord-Pakistan en Noord-Indië (Jammu en Kasjmir) gepraat word. Die taalfamilie bestaan uit ses groepe, naamlik Chitral, Kasjmiri, Kohistani, Kunar, Pasjaji en China. Soms word die Dardiese tale ook in drie takke verdeel: Kafiri of westelike, Khowari of sentrale en die oostelike groep insluitende China en Kasjmiri. Van die tale word ook onder die Noordwestelike sone van die Indo-Ariese tale gegroepeer.
Die belangrikste Dardiese taal is Kasjmiri met sowat 5,5 miljoen moedertaalsprekers. Kasjmiri is die vernaamste Dardiese taal, met 'n gevestigde literêre tradisie en 'n amptelike erkenning as een van die amptelike tale van Indië.
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Kategorie:Indo-Ariese tale Kategorie:Taalfamilies