Kasakstan (Kasaks: Қазақстан, Kazakstan, [qɑzɑqˈstɑn], ; Russies: Казахстан, Kazachstan), amptelik die Republiek Kasakstan (Kasaks: Қазақстан Республикасы, Qazaqstan Respýblıkasy; Russies: Республика Казахстан, Respublika Kazakhstan), is ’n transkontinentale, maar landingeslote land in Sentraal-Asië, met ’n klein deel wes van die Oeral-rivier wat in Oos-Europa val. Dit word in Afrikaans ook Kazakstan of Kazachstan gespel. Dit grens aan die Russiese Federasie, die Volksrepubliek China, Kirgisië, Oesbekistan, Turkmenistan en die Kaspiese See. Die hoofstad is Astana; tot in 1997 was dit Almati (voorheen Alma-Ata genoem).

duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van Kasakstan. duimnael|links|’n Kaart van Kasakstan. Kasakstan is die wêreld se negende grootste staat en die grootste wat deur land omring is. Sy oppervlakte van 2 724 900 km² is groter as dié van Wes-Europa. Die gebied sluit in vlaktes, steppe, taiga, canyons, heuwels, deltas, sneeubedekte bergpieke en woestyne. Sy bevolkingsdigtheid is minder as ses mense per vierkante kilometer.

Die gebied is histories bewoon deur nomadiese stamme. Dit het in die 13de eeu verander toe Djengis Khan die land beset het. Teen die 16de eeu het die Kasakke as ’n afsonderlike groep ontstaan. Die Russe het in die 18de eeu die Kasakse steppe begin beset en teen die middel van die 19de eeu was die hele Kasakstan deel van die Russiese Ryk. Ná die Russiese Rewolusie van 1917 en die daaropvolgende burgeroorlog is Kasakstan verskeie kere herorganiseer voordat dit in 1936 die Kazachstanse Sosialistiese Sowjetrepubliek geword het as deel van die Sowjetunie.

Kasakstan was die laaste van die voormalige Sowjetrepublieke wat hom onafhanklik verklaar het ná die verbrokkeling van die Sowjetunie in 1991; die huidige president, Kasim-Zjomart Tokajef, is sedert 2019 die land se leier. Vandat die land onafhanklik geword het, handhaaf dit ’n gebalanseerde buitelandse beleid en probeer dit sy ekonomie ontwikkel, veral sy koolwaterstofnywerheid. Zarakhovich, Yuri (27 September 2006). "Kazakhstan Comes on Strong" , Time

Die land is etnies en kultureel uiteenlopend, deels vanweë die gedwonge migrasie van ander volke na dié republiek tydens die bewind van Josef Stalin. Kasakstan het ’n bevolking van 16,6 miljoen wat uit 131 etnisiteite bestaan, onder andere Kasakke (sowat 63% ), Russe, Oekraïners, Duitsers, Tartare en Oeigoere.

Godsdiensvryheid bestaan in Kasakstan, maar die land het onlangs onder skoot gekom oor ’n gebrek daaraan. Robert George, voorsitter van die Amerikaanse kommissie vir internasionale godsdiensvryheid, het in 2013 gesê "die streng toepassing van hoogs beperkende wette wat twee jaar gelede aanvaar is, het Kasakstan se internasionale aansien skade berokken en daartoe gelei dat baie Kasakse burgers se godsdiensvryheid aangetas is". http://www.rferl.org/content/kazakhstan-religious-freedom-criticism/25057279.html Sowat 70% van die bevolking behoort tot die Islam en 26% is Christene. Kasaks is die amptelike taal, terwyl Russies gelyke status het in staats- en administratiewe liggame. The constitution of Kazakhstan CONSTITUTION OF THE REPUBLIC OF KAZAKHSTAN , Die grondwet van Kasakstan

Etimologie Die woord "Kasak" word in Kasakstan gewoonlik gebruik om na die etniese groep te verwys, ook die lede wat in die Volksrepubliek China, Rusland, Turkye, Oesbekistan en ander lande woon, terwyl die woord "Kasakstanner" (Kasaks: қазақстандық, kazakstandik; Russies: казахстанец, kazachstanets) geskep is vir die inwoners van die land, insluitende nie-Kasakke. "Kasak" of "Kazak" kom van ’n Ou Turkse woord wat "onafhanklik" en ’n "vrye gees" beteken; dit verwys na die Kasakke se kultuur as ’n nomadiese volk wat op perde rondgetrek het. Die Persiese agtervoegsel beteken "land" of "plek", en Kasakstan beteken dus "land van die Kasakke".

Geskiedenis Kasakse Khanaat duimnael|links|upright|Ablai Khan het vanaf 1771 tot 1781 as khan van die sentrale Jüz gedien. duimnael|links|upright|Kasakse simbole: ’n kameel voor die mausoleum van Kwaja Ahmed Jasawi in Turkistan. duimnael|In ’n Kasakse joert. Kasakstan word al sedert die Nuwe Steentydperk bewoon; die streek se klimaat en terrein is die beste geskik vir nomades wat met diere rondtrek. Argeoloë glo mense het perde die eerste keer hier in die uitgestrekte steppe mak gemaak.

Sentraal-Asië is oorspronklik bewoon deur Indo-Iraniërs. Die bekendste van dié groepe was die nomadiese Skitiërs. Die Turkse volk het op die laatste in die 5de eeu, moontlik vroeër, die Iraniërs se gebied begin betree en die oorheersende etniese groep van Sentraal-Asië geword. Terwyl die antieke stede Taraz en Hazrat-e Turkestan lank gedien het as halfwegstasies aan die Syroete wat die Ooste en die Weste verbind het, het ware politieke vereniging eers met die Mongoolse inval in die vroeë 13de eeu begin. Onder die Mongole is administratiewe distrikte gestig, wat eindelik onder beheer gekom van die opkomende Kasakse Khanaat.

Gedurende dié tydperk het die tradisionele nomadiese leefwyse en ’n veeteelt-gebaseerde ekonomie in die steppe voortgeduur. In die 15de eeu het ’n afsonderlike Kasakse identiteit begin ontwikkel onder die Turkse stamme – ’n proses wat aangehelp is met die ontstaan in die middel van die 16de eeu van die Kasakse taal, kultuur en ekonomie.

Die streek was egter al hoe meer die fokus van ’n stryd tussen die Kasakke en die naburige Persiessprekende volke in die suide. Teen die 17de eeu het die Kasakse Khanaat gebuk gegaan onder onderlinge struwelinge, wat die bevolking verdeel het in die Groot, die Middel- en die Klein Horde (jüz). Dit, tesame met politieke verdeeldheid en ’n afname in die belangrikheid van die landhandelsroetes tussen die Ooste en die Weste, het die khanaat verswak. Die Oesbeekse Chiva-khanaat het dié situasie uitgebuit en die Mangisjlak-skiereiland geannekseer. Die Oesbeekse bewind oor die skiereiland het twee eeue geduur tot met die aankoms van die Russe.

In die 17de eeu het die Kasakke geveg teen die Oeirats, ’n federasie van Wes-Mongoolse stamme, insluitend die Dzoengars. Aan die begin van die 18de eeu het die Kasakse Khanaat sy hoogtepunt bereik. In dié tyd (1723–1730) was die Klein Horde in ’n oorlog gewikkel met Dzoengars nadat dié die Kasakse grondgebied binnegeval het. Die Dzoengars het die Kasakke verslaan, hul weivelde oorgeneem, baie Kasakke gevange geneem en hele clans uitgewis. Ahmad Hasan Dani, Chahryar Adle, Irfan Habib, Karl M. Baipakov (2003). "History of Civilizations of Central Asia: Development in contrast : from the sixteenth to the mid-nineteenth century". Unesco. b. 97. Onder die leierskap van Aboel Chair Khan het die Kasakke in 1726 en 1729 oorwinnings oor die Dzoengars behaal. Ook Ablai Khan het van die 1720's tot die 1750's belangrike oorloë teen die Dzoengars gevoer en daarvoor is hy as batir (held) van die volk verklaar. Intussen het die Wolga-Kalmieke voortdurend strooptogte in die Kasakse grondgebied uitgevoer. Die Kokand-khanaat het die swakheid van die Kasakke ná die oorloë teen die Dzoengars en Kalmieke uitgebuit en die huidige Suidoos-Kasakstan, onder meer die voormalige hoofstad Almati, in die eerste kwart van die 19de eeu beset.

Die Russiese Ryk duimnael|links|’n Tradisionele Kasakse trourok. duimnael|Russiese setlaars naby Petropawlofsk. In die 19de eeu het ook die Russiese Ryk begin uitbrei na Sentraal-Asië en van 1813 tot 1907 met die Britse Ryk meegeding om heerskappy oor die gebied. Teen dié tyd het die tsaars geheers oor die grootste deel van wat vandag as Kasakstan bekend is.

Die Russiese Ryk het ’n administratiewe stelsel ingestel en kasernes en garnisoene opgerig in sy stryd teen die Britse Ryk. Rusland het Russies as taal in alle skole en regereingsinstellings afgedwing. Dit het die Kasakke in opstand laat kom en teen die 1860's het hulle hulle begin verset, hoofsaaklik oor die invloed wat die Russiese besetting gehad het op die tradisionele nomadiese leefstyl en wat gelei het tot die uitwissing van ’n groot deel van die bevolking. In die laat 19de eeu het die Kasakse nasionale beweging ontstaan om die Russiese onderdrukking teen te staan en die Kasakse taal en identiteit te beskerm.

Van die 1890's af het al hoe groter groepe setlaars die huidige Kasakstan gekoloniseer. Die getal setlaars het verder toegeneem nadat ’n spoorlyn tussen Orenburg en Tasjkent in 1906 voltooi is. Gedurende die 19de eeu het sowat 400 000 Russe na Kasakstan geïmmigreer, en in die eerste derde van die 20ste eeu ’n verdere miljoen Slawiërs, Jode, Duitsers en ander groepe.

Die mededinging om land en water wat tussen die Kasakke en die immigrante ontstaan het, het in die laaste jare van die tsaars se bewind groot teenkanting teen die koloniale regering veroorsaak. In 1916 het die Sentraal-Asiatiese Opstand plaasgevind; die Kasakke het die Russe en Kosakke aangeval. Die gevolg was ’n paar wrede aanvalle en bloedbaddens aan albei kante. Kazakhstan. Microsoft Encarta Online Encyclopedia 2009. Archived 31 Oktober 2009. Intussen het albei kante ook die kommunistiese regering teengestaan tot laat in 1919.

Die Sowjetunie duimnael|links|Jong Pioniers van die Sowjetunie op ’n kamp in Kasakstan. Hoewel daar ’n kort periode van outonomiteit was ná die wanorde tydens die val van die Russiese Ryk, het die Kasakke hulle eindelik onderwerp aan die Sowjetregering. In 1920 het hulle die Kazachstanse Outonome Sosialistiese Sowjetrepubliek geword.

Die Sowjetunie se onderdrukking van die tradisionele elite en die gedwonge kollektivisme van die laat 1920's tot die 1930's, het hongersnood en onrus tot gevolg gehad. Tussen 1926 en 1939 het die Kasakse bevolking met 22% afgeneem weens honger en massa-emigrasie.

In die 1930's is baie bekende Kasakse skrywers, denkers, digters, politici en historici in opdrag van Stalin vermoor as deel van die onderdrukking van die Kasakse kultuur en identiteit. In 1936 het die outonome republiek die Kazachstanse Sosialistiese Sowjetrepubliek geword. Miljoene mense wat in die 1930's en 1940's uit ander dele van die Sowjetunie verban is, is na Kasakstan gestuur. Sowat 400 000 Wolga-Duitsers is byvoorbeeld uit die Oekraïne na Kasakstan verban ná die Duitse inval van die Sowjetunie in Junie 1941 tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Mense is gevange gehou in party van die grootste Goelag-kampe in die land. Children of the gulag live with amnesia, Taipei Times, 1 Januarie 2007 In 1947, twee jaar ná die einde van die oorlog, is ’n toetsterrein vir kernwapens naby die stad Semei opgerig.

Met Stalin se dood in 1953 het Kasakstan steeds ’n oorwegend landbougebaseerde ekonomie gehad. In dié jaar het die nuwe Sowjetleier, Nikita Chroesjtsjof, die "Ongerepte Land"-projek begin om die tradisionele weivelde van Kasakstan te omskep in ’n groot graanproduserende streek vir die Sowjetunie. Dit het gemengde gevolge ingehou, maar dit het tesame met latere moderniserings deur Leonid Brezjnef die ontwikkeling van die landbousektor bespoedig. Landbou is steeds ’n bron van inkomste vir ’n groot deel van die bevolking. Teen 1959 het Kasakke 30% van die bevolking uitgemaak en etniese Russe 43%. Moya Flynn. (1994). "Migrant resettlement in the Russian federation: reconstructing 'homes' and 'homelands'". bl. 15.

Groeiende spanning in die Sowjetgemeenskap het gelei tot ’n behoefte aan politieke en ekonomiese hervormings, wat in die 1980's vorm aangeneem het. Een van die grootste bydraende faktore was die besluit van Lawrenti Beria om ’n kernbom in 1949 in Kasakstan te toets. Dit het ’n biologiese en ekologiese katastrofe tot gevolg gehad wat vir geslagte voortgeduur het, en die Kasakke se woede teenoor die Sowjetstelsel het geweldig toeneem.

Onafhanklikheid duimnael|Noersoeltan Nazarbajef op 'n posseël. Kasakstan was op 16 Desember 1991 die laaste republiek wat onafhanklik geword het. Sy leier uit die kommunistiese tydperk, Noersoeltan Nazarbajef, het die land se eerste president geword en tot 2019 dié amp beklee.