Die ontwikkeling van 'n mens se moraliteit deur sy lewe word deur Lawrence Kohlberg in ses stadiums, wat weer in drie vlakke gegroepeer word, ingedeel.

Pre-konvensioneel Hierdie denkpatrone word veral in kinders (4-10 jaar) bespeur waar die eie ek imperatief is.

Stadium 1: die kind se gedrag word deur die vermyding van negatiewe gevolge gemotiveer. Stadium 2: die kind tree op om beloning te ontvang.

Konvensioneel Jong volwassenes (10-13 jaar) openbaar dikwels hierdie beskouings gebaseer op die samelewing se waardes.

Stadium 3: Die kind tree op om ander se afkeuring te vermy. Stadium 4: Die kind begin ooreenkomstig wet en plig op te tree.

Post-konvensioneel Persoonlike beginsels word die belangrikste basis van moraliteit (13 jaar tot volwassenheid).

Stadium 5: Die kind tree op om ander se respek te behou. Stadium 6: Die kind begin om sy/haar eie beginsels te handhaaf.

Kategorie:Sielkunde Kategorie:Menslike ontwikkeling