Evander is 'n dorp in die Gert Sibande-distrik van die Suid-Afrikaanse provinsie Mpumalanga, sowat 120 kilometer oos van Johannesburg en 1 659 meter bo seevlak geleë. Evander is in 1955 gestig. Die dorp het sy naam ter ere van Evelyn Anderson gekry, die eggenote van 'n plaaslike mynboumaatskappy se direkteur. Evander het sy naam aan die Evanderbekken, 'n kleiner geologiese formasie buite die Witwatersrand, verleen.

Ekonomie Evander is nog steeds 'n belangrike mynboudorp waar goud en die byprodukte silwer en osmiridium ontgin word. Die SASOL II en III-aanlegte is in die laat 1970's naby Evander en die buurdorp Trichardt se steenkoolvelde opgerig.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga