duimnael|links|220px|Suzuki Swift Suzuki Motor Corporation (Japannees: スズキ株式会社, Suzuki Kabushiki-Kaisha) is 'n Japannese multinasionale korporasie wat motorvoertuie vervaardig, insluitend motorfietse.
Geskiedenis 1920 Die Suzuki maatskappy bekend as "Suzuki Loom Works" wat tot op daardie datum in privaatbesit was, word 'n openbare maatskappy. Micho Suzuki word as die president verkies. 1952 Die maatskappy vervaardig 'n "help-my-trap" fiets genaamd die "Power Free". Dit beskik oor 'n 36 cc enkelsilinderenjin wat die fietsryer help trap, of afgeskakel kan bly. 1954 Suzuki vervaardig reeds 6 000 motorfietse per jaar en verander naam na Suzuki Motor Co 1962 Die maatskappy wen die 50cc klas in die wêreld se eerste Grand Prix Kampioenskap. 1966 Suzuki onthul die eerste motorfiets geskik vir die publieke mark, genaamd die X-6 Hustler, 'n 250cc masjien.
Verwysings
Eksterne skakels