Oliviero Toscani (28 Februarie 1942 – 13 Januarie 2025) was 'n Italiaanse fotograaf en artistieke direkteur wat tussen 1982 en 2000 internasionale bekendheid verwerf het met sy kontroversiële advertensieveldtogte vir die Italiaanse mode-etiket Benetton. Toscani het daarnaas korporatiewe identiteite vir die mode-etikette Fiorucci en Esprit asook die visuele kommunikasie vir die Italiaanse meubelvervaardiger B & B Italia ontwikkel en ontwerp. Claudia Neumann: Design Lexikon Italien. Köln: DuMont 1999, bl. 381
In 2000 het Toscani sy samewerking met Benetton tydelik gestaak nadat 'n advertensieveldtog met fotoportrette van ter dood veroordeeldes in Amerikaanse gevangenisse geloods is. Toscani, 'n politieke aktivis en felle teenstander van die doodstraf, het met hierdie veldtog in moeilikhede beland, net soos sy werkgewer Benetton. In die Verenigde State het sommige afdelingswinkels Benetton-mode uit hul rakke verwyder. Luciano Benetton het toe besluit om die kontrak met Toscani te beëindig. Der Spiegel, 11 November 2015: 50 Jahre Benetton – Provokation als Masche. Besoek op 21 Julie 2019 In 2007 het hy sy werk vir Benetton hervat.
Verwysings
Eksterne skakels
Onderhoude met Oliviero Toscani
Der Spiegel, 29 Junie 2015: «Pullover sind mir scheißegal!» Luciano Benetton en Oliviero Toscani se Fabrica
fabrica.it
Kategorie:Italiaanse fotograwe Kategorie:Geboortes in 1942 Kategorie:Sterftes in 2025