Miaplacidus (ook bekend as Beta Carinae of β Car) is met sy skynbare magnitude van 1,68 die tweede helderste ster in die sterrebeeld Kiel (Carina) en een van die helderste sterre in die naglug. Dit lê naby die planetêre newel IC 2448. Volgens parallaksmetings is dit sowat 113,2 ligjare van die Son af.

Name Die ster se Bayer-naam is "Beta Carinae". Sy historiese naam, "Miaplacidus" is in 1856 vir die eerste keer op sterkaarte gebruik. Die oorsprong van die naam was dekades lank onbekend totdat William Higgins, ’n groot kenner van stername, afgelei het dit kom van die Arabiese مياه, miyāh, "waters", en die Latynse placidus, "kalm". In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Miaplacidus" vir die ster goedgekeur.

Eienskappe Miaplacidus se sterreklassifikasie is A1 III, wat beteken dit is ’n geëvolueerde reusester – hoewel Malagnini en Morossi (1990) dit geklassifiseer het as A2 IV, dus ’n subreus. Dit is sowat 260 miljoen jaar oud. Sy massa is sowat 3,5 keer dié van die Son en dit het uitgesit tot amper sewe keer die Son se radius. Sy ligsterkte is tans 288 keer die Son s'n vanweë sy effektiewe temperatuur van 8 866 K. Die ster roteer vinnig, teen sowat .

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:A-tipe reusesterre Kategorie:Kiel (sterrebeeld)