Hier volg ’n lys van die 50 helderste sterre (tot by ’n magnitude van 2) volgens hulle maksimum, totale of gekombineerde skynbare magnitude (helderheid soos van die Aarde af gesien). Hoewel baie van die helderste sterre bekende dubbel- of veelvoudige sterre is en relatief na aan die Aarde is, lyk hulle met die blote oog soos enkelsterre. Dié lys kombineer die magnitudes van helder individuele komponente. Die meeste van die eiename op die lys word deur die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) erken, behalwe dié van Regor.

Meting Die Son is die helderste ster soos van die Aarde af gesien. Die skynbare magnitudes van die helderste sterre kan ook vergelyk word met niestellêre voorwerpe in die Sonnestelsel. Dié voorwerpe se skynbare magnitudes groter as die helderste ster, Sirius (-1,46), s’n is (buiten die Son): Maan (-12,7), Venus (-4,89), Jupiter (-2,94), Mars (-2,91), Mercurius (-2,45) en Saturnus (-0,49).

Die presiese volgorde van die visuele helderheid van sterre is nie volkome vasgestel nie, om drie redes:

Die helderheid van sterre is tradisioneel geskoei op die skynbare magnitude, dus dit wat die menslike oog sien – van die helderste sterre van die eerste magnitude tot die dofste sterre van die 6de magnitude. Sedert die ontdekking van die optiese teleskoop en die dokumentering van dubbel- en veelvoudige sterre word helderheid uitgedruk as óf hulle individuele (aparte) óf hulle totale (gekombineerde) magnitude. Hierdie tabel is georden volgens die gekombineerde magnitude van komponente soos hulle met die blote oog te sien is asof hulle enkelsterre is. By veelvoudige stelsels word die individuele magnitudes van komponentsterre wat helder genoeg is om ’n sigbare verskil te maak, tussen hakies aangedui. Die dubbelster Alpha Centauri het byvoorbeeld ’n totale magnitude van -0,27, terwyl sy twee komponentsterre magnitudes van +0,01 en +1,33 het. Nuwe of akkurater fotometrie, standaardfilters en verskillende metodes kan meebring dat die metings van sterre se helderheid effens verskil. Dit kan die volgorde op lyste van helder sterre beïnvloed. Dié tabel gee gemete V-magnitudes aan wat ’n spesifieke filter gebruik wat goed vergelyk kan word met die menslike sig. Ander magnitudestelsels bestaan egter wat op verskillende golflengtes gebaseer is (sommige ander as dié van sigbare lig) en die resultate wat daarmee behaal word, kan drasties van ander stelsels verskil. Betelgeuse het byvoorbeeld ’n skynbare magnitude in die K-band (infrarooi) van -4,05. Sommige sterre, soos Betelgeuse en Antares, is veranderlike sterre, wat beteken hulle magnitude wissel oor dae, maande of jare. In dié tabel word die omvang van die wisselings, of variasies, met var aangedui. Die waardes van enkele magnitudes vir veranderlike sterre kom uit ’n verskeidenheid bronne. Die magnitudes in die tabel is wanneer die sterre óf by hul maksimum helderheid is, wat vir elke siklus herhaal word, óf as ’n gemiddelde waarde as die wisselings klein is. By alle rooi veranderlike sterre is dit dikwels moeilik om ’n enkele maksimum helderheid aan te gee omdat dit in elke siklus anders is, iets wat vermoedelik veroorsaak word deur ’n swak begrip van pulse in stervolusieprosesse. Sulke waardes word soms geskoei op die gemiddelde maksimum skynbare magnitude van geraamde maksimums oor baie waargenome ligkurwesiklusse, wat soms oor eeue strek.

Tabel Rang Visuele magnitude (mV) Eienaam Bayer-naam Afstand (ligjare) Spektraalklas1 0.000 Son   0,000015813 G2 V2 0.001 Sirius α CMa 0008,6 A0mA1 Va, DA23 0.003 Canopus α Car 0310 A9 II4 0,004 (0,01 + 1,33) Rigil Kentaurus & Toliman α Cen 0004,4 G2 V, K1 V5 0,005 Arcturus α Boo 0037 K0 III6 (-0,02–0,07var) Vega α Lyr 0025 A0 Va7 (0,03–0,16var) Capella α Aur 0042 K0 III, G1 III8 (0,05–0,18var) Rigel β Ori 0860 B8 Ia9 Procyon α CMi 0011 F5 IV-V10 (0,40–0,46var) Achernar α Eri 0140 B6 Vep11 (0,2–1,2var) Betelgeuse α Ori 0640 M1-M2 Ia-ab12 Hadar β Cen 0350 B1 III13 Altair α Aql 0017 A7 V14 (1,33 + 1,73) Acrux α Cru 0320 B0.5 IV, B1 V15 (0,75–0,95var) Aldebaran α Tau 0065 K5 III16 (0,6–1,6var) Antares α Sco 0600 M1.5 Iab-Ib, B2.5 V17 (0,97–1,04var) Spica α Vir 0260 B1 III-IV, B2 V18 Pollux β Gem 0034 K0 III19 Fomalhaut α PsA 0025 A3 V20 (1,21–1,29var) Deneb α Cyg 2,600 A2 Ia21 (1,23–1,31var) Mimosa β Cru 0350 B0.5 III, B2 V22 Regulus α Leo 0077 B8 IVn23 Adhara ε CMa 0430 B2 II24 Shaula λ Sco 0700 B2 IV25 (1,98 + 2,97) Castor α Gem 0052 A1 V, Am26 Gacrux γ Cru 0088 M3,5 III27 Bellatrix γ Ori 0240 B2 III28 Elnath β Tau 0130 B7 III 29 Miaplacidus β Car 0110 A1 III30 (1,64–1,74var) Alnilam ε Ori 2,000 B0 Ia31 (1,81–1,87var + 4,27) Regor* γ1,2 Vel 0840 WC8, O7,5III32 Alnair α Gru 0100 B6 V33 Alioth ε UMa 0081 A1 III-IVp kB934 Alnitak ζ Ori A 0820 O9.5 Iab, B1 IV, B0 III35 Dubhe α UMa 0120 K0 III, F0 V36 Mirfak α Per 0590 F5 Ib37 Wezen δ CMa 1,800 F8 Ia38 Sargas θ Sco 0270 F0 II39 Kaus Australis ε Sgr 0140 B9.5 III40 Avior ε Car 0630 K3 III, B2 Vp41 Alkaid η UMa 0100 B3 V42 (1,89–1,94var) Menkalinan β Aur 0100 A1mIV+A1mIV43 Atria α TrA 0420 K2 IIb-IIIa44 Alhena γ Gem 0100 A1,5 IV+45 Peacock α Pav 0180 B3 V46 (1,99–2,39var + 5.57) Alsephina δ Vel 0080 A1 Va(n), F7,5 V47 Mirzam β CMa 0500 B1 II-III48 Alphard α Hya 0180 K3 II-III49 (1,86–2,13var) Polaris α UMi 0430 F7 Ib50 Hamal α Ari 0066 K1 IIIb

Sien ook Sterrekundeportaal Lys van naaste sterre Lys van grootste sterre Lys van gewone name van sterre Lys van sterrebeelde

Verwysings

Eksterne skakels 25 Helderste sterre, soos van die Aarde af gesien Die helderste sterre by An Atlas of the Universe Die magnitudestelsel "About stellar magnitudes" 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Lyste van sterre