Beta Volantis, of β Vol, is die helderste ster in die suidelike sterrebeeld Vlieënde Vis (Volans). Dit het ’n skynbare magnitude van 3,75 en kan dus met die blote oog gesien word. Volgens parallaksmetings is dit sowat 107,5 ligjare van die Son af; dit beweeg weg teen ’n radiale snelheid van 27 km/s.
Dit is ’n oranje enkelster met ’n sterreklassifikasie van K2 III, wat aandui dit is ’n geëvolueerde K-tipe reusester. Dit is ’n rooiklontster, wat beteken dit lê op die horisontale tak en verbrand helium in sy kern. Beta Volantis se massa is sowat 1,6 keer dié van die Son, maar sy ligsterkte is 41 keer die Son s’n. Die effektiewe temperatuur van sy vergrote fotosfeer is 4 546 K.
Verwysings
Bronne 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:K-tipe reusesterre Kategorie:Vlieënde Vis