duimnael|260px|Die jong Bruno Walter Bruno Walter (gebore as Bruno Schlesinger, 15 September 1876 – 17 Februarie 1962) was 'n Duits-Oostenrykse dirigent, pianis en komponis van Joodse afkoms. Hy is in Berlyn gebore, maar het in 1933 uit Duitsland gevlug ten einde die Derde Ryk van Hitler te ontvlug. Hy is in 1938 as 'n Franse burger genaturaliseer, waarna hy hom in 1939 in die VSA gevestig het.

Hy het nou saamgewerk met Gustav Mahler, wie se musiek hy in die repertoire help vestig het. Hy het noemenswaardige poste by onder andere die Leipzig Gewandhaus Orkes, New York Filharmoniese Orkes, Koninklike Concertgebouw Simfonieorkes, Salzburgse Fees, Weense Staatsopera, Beiere Staatsopera, Staatsoper Unter den Linden en die Deutsche Oper Berlin gehou, en het opnames van geskiedkundige en artistiese belang gemaak. Hy word wyd beskou as een van die grootste en beste dirigente van die 20ste eeu.

Bibliografie

Eksterne skakels The Bruno Walter Foundation

The Bruno Walter Papers in the Music Division of The New York Public Library for the Performing Arts Bruno Walters Heritage at Vienna Music University Page with an mp3 file: Bruno Walter conducts Gustav Mahler (1. Symphony, Trio of 2d Movement) Bruno Walter biography at Sony Classical Conducting the London Philharmonic

Notas

Kategorie:Amerikaanse dirigente Kategorie:Amerikaanse Jode Kategorie:Amerikaanse komponiste Kategorie:Amerikaanse pianiste Kategorie:Duitse dirigente Kategorie:Duitse Jode Kategorie:Duitse komponiste Kategorie:Duitse pianiste Kategorie:Franse Jode Kategorie:Oostenrykse dirigente Kategorie:Oostenrykse Jode Kategorie:Oostenrykse komponiste Kategorie:Oostenrykse pianiste Kategorie:Geboortes in 1876 Kategorie:Sterftes in 1962