thumb|links|200px|Amateurfoto van onder meer Anser (die rooireus bo in die middel).
Anser (ook bekend as Alpha Vulpeculae of α Vul) is die helderste ster in die sterrebeeld Vos (Vulpecula) en is sowat 297 ligjare van die Son af. Dit vorm ’n optiese dubbelster met 8 Vulpeculae.
Dit is ’n rooireus met ’n sterreklassifikasie van M1, wat beteken dit het die waterstof in sy kern opgebruik en weg van die hoofreeks geëvolueer. Dit het ’n skynbare magnitude van 4,4.
Anser is waarskynlik lid van die Arcturus-stroom, ’n groep sterre met ’n hoë eiebeweging wat arm aan metale is en vermoedelik oorblyfsels is van ’n klein sterrestelsel wat deur die Melkweg opgeneem is.
Name Die ster se Bayer-naam is "Alpha Vulpeculae". Die tradisionele naam, "Anser", kom van die tyd toe die sterrebeeld se naam nog "Vulpecula cum Ansere" ("die klein vos met die gans") was.
In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) dié naam vir die ster goedgekeur.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Flamsteed-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:M-tipe reusesterre Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:Vos (sterrebeeld)