Rocciamelone (Piëmontees: Ròcia-mlon, Frans: Rochemelon) is 'n bergpiek in die Noordoos-Italiaanse administratiewe streek Piëmont, geleë aan die suidrand van die Grajiese Alpe naby die grens met Frankryk, sowat 50 km wes van Turyn. Die piek, wat 3 538 meter bo seevlak en sowat 3 000 meter bo die nabgeleë nedersetting Susa uittroon, is vroeër dikwels as die hoogste berg in die Alpereeks beskryf. duimnael|links|'n Toneel van lig en wonderlike kleurespel nadat 'n somerdonderstorm oor die bergwêreld uitgesak het duimnael|links|Die Val di Susa met die gelyknamige nedersetting Bonifacio Rotario d'Asti het die piek reeds in die Middeleeue, op 1 September 1358, as deel van 'n bedevaart bestyg - volgens oorlewering as dankbetoon vir sy ontvlugting uit Turkse slawerny. Unterwegs in den Westalpen: Auf den Rocciamelone – höchster Wallfahrtsberg der Alpen. Besoek op 30 Junie 2019 Die berghut, wat op 2 854 meter bo seevlak teen die piek se suidelike helling geleë is, is ter ere van die eerste bestyger Rifugio Cà d'Asti genoem.
Staproetes maak die bergwêreld van Rocciamelone as hoogste bedevaartspiek in die Alpereeks ook vir stappers toeganklik. Die piek bied 'n uitsig oor die hele Wes-Alpeboog (met die bergpieke Mont Blanc en Vanoise met Grand Casse in die noorde, Monviso in die suide, en die Cottiese Alpe in die suidweste) en die Val di Susa met die gelyknamige nedersetting.
Verwysings
Kategorie:Berge van Italië