Die werkswyse is as volg: Die vader word eers gewys en waar die moeder bekend is verskyn haar naam in hakkies en dan volg die seun. Waar moontlik word in voetnotas verwysings en ander besonderhede verskaf.
AdamGen. 1:26 en Gen. 2:7. (Eva) - SetGen. 2:18 en Gen. 2:21-24. - EnosGen. 5.6. - KenanGen. 5:9. - MahalelGen. 5:12. - JeredGen. 5:15. - HenogGen. 5:18. Henog het nie gesterf nie, maar is lewendig die hemel ingeneem. - MetusalagGen. 5:21. - LamegGen. 5:25. - NoagGen. 5:28. Noag het die ark gebou en het die oorstroming oorleef met sy vrou 3 seuns en 3 skoondogters. - SemGen. 5:32. Sem was gebore voor die vloed. - ArpaksadGen. 11:10. - SelagGen. 11:12. - HeberGen. 11:14. - PelegGen. 11:16. - ReuGen. 11:18. - Serug - Nahor (Milka)Gen. 11:22. - TeraGen. 11:24. - Abraham (Sarai)Gen. 11:26. - Isak (Rebekka)Gen. 21:2. - Jakob (Lea)Gen. 25:26. - Juda (Tamar)Gen. 29:35. Vir die geskiedenis van Juda en Tamar sien Gen. 38. Tamar was Juda se skoondogter. - PeresGen. 38:39. - Gesron1 Kron. 2:6. - Ram1 Kron. 2:9. - Amminadab1 Kron. 2:10. - Nagson - Salmon1 Kron. 2:11. - Boas (Rut)1 Kron. 2:11. Sien ook die Boek Rut. - Obed1 Kron. 2:12. - Isai1 Kron. 2.12. - Koning Dawid (Batseba)1 Sam.16:12 tot 1 Kon. 2:11 en 1 Kron. 11 tot 2 Kron. 29. - Koning Salomo (Naama)1 Kon. 1:1 tot 11:42 en 1 Kron. 29:20 tot 2 Kron. 10:30. - Koning Rehabeam (Maaka)1 Kon. 12:1 tot 1 Kon. 14:31 en 2 Kron. 10:1 tot 2 Kron. 12:16. Israel en Juda skeur in 2 en die geslagsregister loop verder net deur Juda. Maaka was 'n dogter van Absalom. 2 Kron. 13:2 se Abia se ma was Miga, 'n dogter van Uriel. Maar sien ook voetnota 38. - Koning Abia1 Kon. 15:1 tot 1 Kon. 15:8 en 2 Kron.13:1 tot 2 Kron. 14:1. - Koning Asa (Asuba)1 Kon. 15:9 tot 1 Kon. 15.24 en 2 Kron. 14:2 tot 2 Kron. 16:14. Asa het later sy ouma, Maaka, afgesit as koningsmoeder omdat sy 'n Asjera-beeld laat maak het. Koning Asa se ma was Asuba 'n dogter van Silgie. Sien ook voetnota 36. - Koning Josafat1 Kon. 22.41 tot 1 Kon. 22:51 en 2 Kron. 17:1 tot 2 Kron. 2:11. - Koning Joram (Atalia)2 Kon. 8:16 tot 2 Kon. 8:24 en 2 Kron. 21:2 tot 2 Kron. 21:20. - Koning Ahasia (Sibja)2 Kon. 8:25 tot 2 Kon. 10:36 en 2 Kron. 22.1 tot 2 Kron. 22:10. Toe sy ma Atalia hoor haar seun is dood, het sy begin om die hele koningsgeslag uit te roei. Jehoseba, dogter van koning Joram en suster van Ahasia, het egter vir Joas, 'n seun van Ahasia en sy oppaster vir 6 jaar weggesteek. Vir hierdie 6 jaar het Atalia Juda regeer. - Koning Joas (Jehoaddan)2 Kon. 11:4 tot 2 Kon. 12:21 en 2 Kron. 22:10 tot 2 Kron. 24:27. Joas se ma was Sibja uit Berseba. - Koning Amasia (Jekolja)2 Kon. 14:1 tot 2 Kon. 14:22 en 2 Kron. 25:1 tot 2 Kron. 25:28. Koning Amasia se ma was Jehoaddan uit Jerusalem. - Koning Ussia (Jerusa)2 Kon. 15:1-7 en 2 Kron. 26:1-23. In konings word hy Asarja genoem. Sy ma was Jekolja uit Jerusalem. - Koning Jotam2 Kon. 15:32-38 en 2 Kron. 27:1-9. Joahas se ma was Jerusa uit Jerusalem. - Koning Agas (Abi)2 Kon. 16:1-20 en 2 Kron. 28:1-27. - Koning Hiskia2 Kon. 18:1 tot 2 Kon. 21:21 en 2 Kron. 29:1 tot 2 Kron. 32:33. Hy het om sy watervoorraad teen invallers te beskerm, die water vanaf die Gihonfontein meer as 650 meter deur 'n tonnel deur rotse herlei. Sy ma was Abi, 'n dogter van Sagaria. - Koning Manasse2 Kon. 21:1-18 en 2 Kron. 33:1-20. - Koning Amon2 Kon. 21:19-26 en 2 Kron. 33:21-25. - Koning Josia2 Kon. 22:1 tot 2 Kon. 23:30 en 2 Kron. 34:1 tot 2 Kron. 35:27. Hy was 8 agt jaar oud toe hy koning geword en naas konings Dawid en Salomo, was hy die beste koning wat Juda nog gehad het. - Koning Joahas2 Kon. 23:30-33 en 2 Kron. 36:1-4. Die koning van Egipte het hom afgesit en Joahas se broer Eljakim koning gemaak. - Koning Eljakim of JojakimSien voetnota 52. Eljakim se naam is verander na Jojakim. - Koning Jojagin2 Kon. 24:8-17 en 2 Kron. 36:9-10. Nebukadnesar het hom en baie van Juda se mense na Babel verban. - Koning Sedekia2 Kon. 24:18 tot 2 Kon. 25:21 en 2 Kron. 36:11-21. Koning Nebukadnesar het Sedekia en ander Judeërs (die koningsgesin, adel, geskoolde ambagslui en godsdienstige leiers) in 'n reeks deportasies tussen 605 en 582 v.C. na Babel verban. - SealtielDaar word aangeneem dat Sealtiel die verbanning as kind meegemaak het, óf kort daarop in Babel gebore is. - SerubbabelEsra 2:2 en Matt. 1:13. Serubbabel is in Babel gebore. Nádat die Perse Babel oorneem, het Kores hom in 538 v.C. met sowat 50 000 Judeërs na Jerusalem teruggestuur. Onder Serubbabel is met die Tempelbou begin, maar dit is onbekend of hy met die Tempelinweiding in 515 v.C. nog lewend of betrokke was. Oorblywende bannelinge sou dekades later onder Esra en Nehemia (458 en 445 v.C.) terugkeer, en laasgenoemde sou die stad fortifiseer. - AbihudMatt. 1:13. - Eljakim - Asor - SadokMatt. 1:14. - Agim - Elihud - ElasarMatt. 1:15. - Mattan - Jakob - Josef (Maria)Sien die Evangelies. - Jesus.
Sien ook Die verhaal van Israel se geskiedenis in die Bybelse tyd Genesis Bybelse gids - Eksodus tot Deuteronomium Bybelse gids - Josua Bybelse gids - Rigters
Bronne Die Bybel (nuwe vertaling) Bybelgenootskap in SA
Verwysings