Wildebeest was 'n Suid-Afrikaanse musiekgroep. Die groep was oorspronklik 'n duo tussen Colin Pratley op tromme en Dave Tarr wat viool gespeel het. In 1981 sluit Karlien van Niekerk, Doc Barendse en Piet Botha by hulle aan. Dié drie was bekend as die groep Catherine Wheel voordat hulle by Wildebeest aangesluit het. Doc Barendse verlaat die groep en Boet Faber sluit by die groep aan. Hulle stel hulle eerste en enigste album Bushrock 1 in 1981 vry, 'n album wat lewendig by Upstairs in Sunnyside, Pretoria opgeneem is. In 1983 was Wildebeest een van die eerste musiekgroepe wat Rock and Roll-musiek in Afrikaans gesing het.

Diskografie Albums Bushrock 1, 1981, Rap Records. Heruitgereik in 2010, Fresh Music.

EPs Horings Op Die Stoep, 1983, Graffiti, 12 Wild

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musiekgroepe

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe