Edward (Ted) George Hudson Oliver, (14 Oktober 1938 - 20 Januarie 2025) was 'n Suid-Afrikaanse Plantkundige en skrywer. Hy is 'n kundige in Ericaceae en het verskeie spesies ontdek en genoem. Oliver is die erkende wêreldowerheid op die subfamilie Ericoideae. duimnael | Erica cinerea Lewe en loopbaan Oliver is op 14 Oktober 1938 in Rondebosch gebore. Hy was van 1947 tot 1957 op Diocesan College opgevoed. Hy het 'n meestersgraad en doktersgraad (in Plantkunde) aan die Universiteit van Kaapstad behaal.
Hy is as kurator van die Staatsherbarium in Stellenbosch aangestel van 1946 tot 1966. Hy was die Suid-Afrikaanse Skakelplantkundige aan die Kew Botaniese Tuin in Londen van 1967 tot 1969.
Hy het in 1970 na Suid-Afrika teruggekeer en het as Navorsingstaksonoom in Stellenbosch gewerk tot 1976. Hy het toe na Pretoria verhuis en die pos van kurator van die Nasionale Herbarium opgeneem tot 1982.
Hy het in 1982 na Stellenbosch teruggekeer en het weer die pos van Navorsingstaksonoom aanvaar. Van 1984 tot 1996 is hy aangestel as kurator van die Staatsherbarium in Stellenbosch. Hy het toe na Kirstenbosch verhuis en is aangestel as die navorsingstaksonoom aan die Compton Herbarium van die Nasionale Botaniese Instituut te Kirstenbosch, 'n pos wat hy tot 2006 gehou het.
Toekennings President van die Nasionale Botaniesevereniging van Suid-Afrika, afgetree 2013 Ere-lewenslid van die Nasionale Botaniesevereniging van Suid-Afrika Erelidmaatskap van die British Heather Society Molteno Goud Medaal 2009 (Cape Tercentenary Foundation) vir sy Ericaceae-navorsing Erica Oliveri is na hom vernoem en is eers in 1961 geïdentifiseer.
Persoonlike lewe Oliver was getroud met Inge M. Oliver (née Nitzsche). Hulle het 'n seun en twee dogters gehad. Oliver geniet tuinmaak, stap en klassieke musiek. Sy gunsteling aanhaling is Ex Africa semper aliquid novi - Uit Afrika is altyd iets nuuts.
Geselekteerde Werke Oliver het meer as 100 referate in verskeie botaniese tydskrifte gepubliseer. Drie van sy bydraes is: Hunting for Ericas in Madagascar, Yearbook of The Heather Society, vol 8 (2011) Ericas in Mauritius, home of the dodo, Yearbook of The Heather Society, vol 11 (2014) Looking for Spanish heathers, Yearbook of The Heather Society, vol 12 (2015)
Drie van die boeke wat hy mede-outeur het, is: Ericas in Southern Africa, H. A. Baker, F. Anderson, I. von Below, E. G. H. Oliver (1967, 1992) Ericas of South Africa, D. Schumann, G. Kirsten, E. G. H. Oliver (1992) Field guide to the Ericas of the Cape Peninsula, E. G. H. Oliver, I. M. Oliver (2000
Drie van die spesies wat deur hom beskryf was: Erica ignita Erica roseoloba Erica saptouensis
Die standaard skrywer afkorting E.G.H.Oliv. word gebruik om die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam genoem word.
Sien ook Lys van botaniste volgens outeursafkorting
Bronne Sappi What's in a Name: The Meanings of the Botanical Names of Trees, Glen H.F (2004) Botanical Exploration Southern Africa, Mary Gunn, L. E. W. Codd (1981)
Verwysings
Eksterne skakels EGH Oliver op Google Scholar Webwerf van die British Heather Society
Kategorie:Geboortes in 1938 Kategorie:Sterftes in 2025 Kategorie:Suid-Afrikaanse wetenskaplikes