James Sebastian Faulkner (gebore op 18 Julie 1948) is 'n Engelse akteur en vervaardiger. Hy is veral bekend om sy rolle in die televisiereekse Da Vinci's Demons (2013–2015; as Pous Sixtus IV), Game of Thrones (2016–2017; as Randyll Tarly) en Downton Abbey (2010), en in die rolprente Atomic Blonde (2017) en Paul, Apostle of Christ (2018; as Paulus van Tarsus).
Vroeë lewe Faulkner is vanaf die ouderdom van sewe jaar opgelei as 'n koorlid by die Royal College of Church Music by Addington Palace. Hy was 'n permanente lid van die koor en daar is dikwels op hom gesteun as solis. Hy het ook deelgeneem aan elke revue, skooltoneelstuk en konsert vir die koorgenootskap wat plaasgevind het. Hy het die Puppet Club saam met die stigter daarvan, die joernalis Roger Wilkes, bedryf.
Nadat hy klaar gemaak het met skool het hy gewerk as 'n prinsipaal van 'n kleuterskool, 'n rugby afrigter, 'n kelner en as 'n professionele Sint Niklaas voordat hy 'n onderhoud ondergaan het vir die waglys van die Koninklike Sentrale Skool van Spraak en Drama, in 1967. Na drie jaar van uitmergelende opleiding het hy die hoofrol gekry vir die finale graduerings-produksie van Kiss Me Kate. Die volgende dag het verskeie toneelagentskappe aan hom geskryf, en hy het aangesluit by ICM en Prospect Theater vir die stuk Much Ado About Nothing, wat die hoofgebeurtenis was tydens die 1970 Edinburgh Fees. Hierop het 'n seisoen by die Chichester Festival Theatre gevolg saam met persone soos John Gielgud en Edith Evans. Hy is hierna na die Piccadilly Theatre in die West End theatre met Jean Anouilh se produksie Dear Antoine, waar hy die skrywer op die openingsaand ontmoet het.
Loopbaan Faulkner het sy grootskerm buiging in 1972 gemaak as Josef Strauss in The Great Waltz (1972 rolprent). Hy het die rol gespeel van die arrogante Luitenant Millington in Anderson se Conduct Unbecoming (1975 rolprent) waarin Michael York, Richard Attenborough en Trevor Howard gespeel het.
Hy het in ander rolprente soos Whispering Death en Minder on the Orient Express gespeel waarin hy die bendelid Ted Moore gespeel het. In ander rolprentverskynings het hy Luitenant Teignmouth Melvill gespeel in Zulu Dawn, welke hy die mede-regisseur van was, en as Uncle Geoffrey in beide die Bridget Jones rolprente.
Hy het die rol van Herod Agrippa gespeel in die BBC se 1976 televisie verwerking van I, Claudius (TV reeks), en Aldous Huxley gespeel in die rolprent Priest of Love (1981).
In 1988 het hy die rol gespeel van Stapleton, een van die grootste vyande van Sherlock Holmes, in Granada Television se produksie van The Hound of the Baskervilles, teenoor Jeremy Brett.
In 1991 het hy Alex Mair gespeel, te wete die bestuurder van die Larksoken kernkragstasie, in 'n Anglia produksie van die P. D. James roman Devices and Desires.
In 2008 het Faulkner Kardinaal Rhades gespeel in die Duitse riller Der Bibelcode (Die Bybelkode).
Faulkner het in 2013 die rol van Pous Sixtus IV gespeel in BBC Worldwide se historiese fantasiedrama Da Vinci's Demons.
In 2018 het Faulkner die rol van Paulus van Tarsus gespeel in die dramarolprent Paul, Apostle of Christ. Lys van werke
Rolprente
Jaar Titel Rol Notas 1972 The Great Waltz Josef Strauss 1974 The Abdication Magnus de la Gardie 1975 Conduct Unbecoming 2nd Lt. Edward Millington 1976 Whispering Death Terrick 1979 Zulu Dawn Teignmouth Melvill 1980 Flashpoint Africa Ramon Funes 1981 Priest of Love Aldous Huxley 1983 Eureka Roger 1989 The Shadow Trader 1992 Carry On Columbus Torquemada 1992 Lovejoy 'Friends in High Places' Alfredo Pereira 1996 Crimetime Crowley 2001 Burning Down the House Hal Lander Bridget Jones's Diary Uncle Geoffrey 2003 I Capture the Castle Aubrey Fox-Cotton 2004 Bridget Jones: The Edge of Reason Uncle Geoffrey Agent Cody Banks 2: Destination London Lord Duncan Kenworth 2005 Colour Me Kubrick Oliver 2006 The Conclave Cardinal Guillaume D'Estouteville The Good Shepherd Lord Cooper 2007 Hitman Smith Jamison 2008 The Bank Job Guy Singer 2011 X-Men: First Class Swiss Bank Manager 2016 Bridget Jones's Baby Uncle Geoffrey 2016 Underworld: Blood Wars Cassius 2017 Final Portrait Pierre Matisse 2017 Atomic Blonde Chief C 2018 Paul, Apostle of Christ Die Apostel Paulus
Televisie
Jaar Titel Rol Notas 1976 I, Claudius Herodes Agrippa I TV-reeks, 6 episodes 1978 Hazel Gordon Gregory 6 episodes 1985 The Bill Sidney Sharman Episode: Burning the Books 1986 First Among Equals Simon Kerslake TV-reeks 1989 Frederick Forsyth Presents Markus Vogel Just Another Secret (1989) 1998 Taggart Colonel Robert Falkirk Episode: Dead Reckoning (Reeks 14, Episode 41) 2010 Ben Hur Marcellus Mini-reeks vir televisie, 2 episodes 2013–15 Da Vinci's Demons Pous Sixtus IV 24 episodes 2014 Downton Abbey Lord Sinderby 4 episodes 2016–2017 Game of Thrones Randyll Tarly 5 episodes 2016 Life on Earth: A New Prehistory Verteller 3 episodes 2018 Death in Paradise Frank O'Toole Episode: Written in Murder (Reeks 7, Episode 3) 2018 Watership Down Frith Episode: The Journey
Videospeletjies name=":1" JaarTitelRolNotas2001Walking with Beasts: Operation SalvageStem2009Harry Potter and the Half-Blood PrinceProfessor Severus Snape (stem)2012Blades of TimeStem2012Blades of Time: Dismal SwampStemDLC2014Dragon Age: InquisitionCassandra's Associate (stem)2016The Turing TestT.O.M (stem)2018League of LegendsSwain (stem)
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Geboortes in 1948 Kategorie:Engelse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Lewende mense Kategorie:Engelse manlike akteurs van die 21ste eeu