Paul, Apostle of Christ (Afrikaans: Paul, Apostel van Christus) is 'n Amerikaanse dramarolprent uit 2018 wat gebaseer is op die Bybel. Dit is geskryf en geproduseer deur Andrew Hyatt. James Faulkner vertolk die rol van Paulus van Tarsus en Jim Caviezel (wat die rol van Jesus in die 2004-rolprent The Passion of the Christ gespeel het) vertolk die rol van die Apostel Lukas.

Die rolprent vertel die verhaal van Paulus van Tarsus, wat bekend was as ongenaakbare vervolger van Christene, voordat hy hom tot die Christendom bekeer het. Die verhaal fokus op sy vormingsdae as 'n belangrike figuur in die formasie van die vroeë Kerk voordat hy deur Nero in Rome tereggestel is.

Die prinsipiële verfilming het in September 2017 in Malta begin. Die rolprent is op 23 Maart 2018 deur Sony Pictures vrygestel.

Rolverdeling James Faulkner (akteur) as Paulus van Tarsus Yorgos Karamihos as Saulus van Tarsus, dit wil se Paulus van Tarsus voor sy bekering Jim Caviezel as Lukas Olivier Martinez as Mauritius, prefek van Mamertine-gevangenis Antonia Campbell-Hughes as Irenica, vrou van Mauritius Joanne Whalley as Priscilla, metgesel van Paul, en Aquilla se vrou John Lynch as Aquilla, metgesel van Paul en Priscilla se man Noah Huntley as Publius Alessandro Sperduti as Cassius

Temas Tydens 'n onderhoud met Variety het Berden gesê dat een van die hooftemas van die rolprent vergifnis is: "Paulus het verander van 'n persoon wat Christene vermoor het tot iemand wat een van hulle mees invloedryke leiers sou word. Sy lewe versinnebeeld 'vergifnis,' 'n begrip wat amper onmoontlik lyk vandag — maar baie benodig word." Vrystelling Paul, Apostle of Christ is oorspronklik geskeduleer om op die Woensdag (28 Maart 2018) voor Paasnaweek deur Affirm Films vrygestel te word. Die rolprent se datum van vrystelling is egter in Februarie 2018 opgeskuif tot 23 Maart 2018. name=SonyApostles Die rolprent is op 12 Junie 2018 op DVD, Blu-ray en digitale platvorms vrygestel.

Toekennings Toekenning Datum van seremonie Kategorie Ontvangers Resultaat GMA Dove Awards 17 Oktober 2018 Inspirerende rolprent van die jaar Paul, Apostle of Christ Ted Baehr#The Movieguide Awards|27th Annual Movieguide Awards 8 Februarie 2019 Beste rolprent vir gesinne Paul, Apostle of Christ Hangende Epifanie-prys vir mees inspirerende rolprent Paul, Apostle of Christ Hangende Grace-toekenning vir rolprente Jim Caviezel en James Faulkner, vir hul vertolkings in Paul, Apostle of Christ Hangende

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse rolprente