Gamma Sagittae (afgekort as γ Sge) is die helderste ster in die noordelike sterrebeeld Pyl (Sagitta). Dit is ’n enkelster wat teen ’n skynbare magnitude van 3,47 met die blote oog sigbaar is. Volgens parallaksmetings is dit sowat 258 ligjare van die Son af. Dit beweeg nader aan ons teen ’n radiale snelheid van -34 km/s.

Dit is ’n geëvolueerde rooireus met ’n sterreklassifikasie van M0 III. Dit is sowat 2,35 miljard jaar oud, en het ’n massa van sowat 1,37 keer dié van die Son en ’n radius van sowat 55 keer die Son s’n. Sy ligsterkte is omtrent 562 keer dié van die Son en sy effektiewe temperatuur is 3 862 K.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Flamsteed-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:M-tipe reusesterre Kategorie:Pyl (sterrebeeld)