Alpha Reticuli (afgekort as α Ret) is die helderste ster in die suidelike sterrebeeld Net (Reticulum). Dit het ’n skynbare magnitude van 3,3 en lyk of dit ’n enkelster is, sowat 162 ligjare van die Son af. Dit is helder genoeg om in die Suidelike Halfrond met die blote oog te sien.

Die ster se massa is drie keer dié van die Son en dit is sowat 330 miljoen jaar oud. Sy sterreklassifikasie is G8 II-III, wat aandui dit het eienskappe van beide ’n reusester (III) en ’n helder reus (II). Die ster is in ’n fase van sy evolusie waar dit uitgesit het tot 13 keer die radius van die Son. Sy effektiewe temperatuur is 5 196 K. X-strale van die ster af is waargeneem, met ’n geraamde helderheid van .

Alpha Reticuli het ’n visuele metgesel van die 12de magnitude, CCDM J04144-6228B, sowat 48 boogsekondes van hom af. Hulle kan dus ’n dubbelster wees met ’n wentelperiode van minstens 60 000 jaar.

Verwysings

Bronne 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Dubbelsterre Kategorie:G-tipe reusesterre Kategorie:G-tipe helder reuse Kategorie:Net (sterrebeeld)