Megan Jill Russell is 'n biomediese- en elektriese- ingenieur gebaseer in Johannesburg, Suid-Afrika. Sy is algemeen bekend vir die ontwerp van 'n kunsmatige larinks wat deur MIT Technology Review vertoon is. Maar miskien belangriker is dat sy betrokke is by die ontwikkeling van metodes van rekenaargesteunde opsporing van Tuberkulose.
Opvoeding Russell is in 'n wetenskaplike familie gebore. Haar pa en twee broers is ingenieurs en haar ma 'n chemikus. Sy het verdere inspirasie gekry om wetenskap te studeer toe sy 'n handgeskrewe brief van James Watson (van DNA-roem) in haar finale jaar op skool ontvang het. Sy het aan die Universiteit van Kaapstad studeer en het haar BSc-graad in Elektriese Ingenieurswese behaal gevolg deur 'n MSc-graad in Biomediese Ingenieurswese in 2007. Haar meesterprojek was die ontwikkeling van 'n outomatiese mikroskoop met 'n ingeboude digitale kamera om te help met die opsporing van tuberkulose (TB). Sy het in 2011 haar PhD in Biomediese Ingenieurswese aan die Universiteit van die Witwatersrand voltooi.
Vanaf 2012 het sy aan die fakulteit ingenieurswese van die Universiteit van Johannesburg lesing gelewer en was sy 'n ambassadeur van die projek Vroue in Ingenieurswese en die Bou-omgewing. Een van haar eerste nagraadse projekte was 'n mobiele laboratorium wat toetse kon doen vir TB, CD4-tellings (vir HIV) en bloed glukose vlakke (vir diabetes).
Tuberkulose-opsporing Tuberkulose kan deur long x-strale opgespoor word, maar vereis vaardige interpretasie van die x-strale. Rekenaargesteunde opsporing kan help waar daar 'n tekort aan geskoolde x-straal-tolke is. Russel was betrokke by die ontwikkeling van 'n rekenaargesteunde-stelsel aan die Universiteit van die Witwatersrand met behulp van 'n wiskundige modelleringstegniek, genaamd Outoregressiewe-bewegende-gemiddeld (in Engels: Autoregressive-Moving-Average). duimnael | Tipiese stemprostese
Kunsmatige larinks Russell het 'n kunsmatige larinks ontwikkel wat die bewing van die tong volg. Dit word gebruik om spraak te fasiliteer by pasiënte van wie die larinks verwyder is, dikwels as gevolg van kanker. Dit was nie die eerste van dié soort toestel wat uitgevind is nie, hoewel baie sulke toestelle nie ideale oplossings is nie, aangesien die pasiënte wat hulle gebruik steeds dit moeilik vind om te praat.
Russel se toestel volg die posisie van die tong teen die verhemelte deur 'n stelsel te gebruik wat vervaardig word deur twee maatskappye genaamd Logometrix en Complete Speech. Die persoonlike palatometer bepaal die tongposisie tydens spraak. Hierdie inligting word gevoer na 'n masjienleeralgoritme, waar die woorde wat die pasiënte sê geinterpreteer word, en 'n stemsintetiseerder produseer dan die woorde.
Volgens Russel kan die stelsel 50 woorde herken en die korrekte woord 94.14% van die tyd identifiseer, maar ook woorde wat dit nie kan identifiseer nie word 18% van die tyd geïgnoreer.
Die bedoeling in 2009 was om die stelsel te miniaturiseer, aangesien dit destyds gekoppel was aan 'n rekenaar.
Geselekteerde publikasies Megan J. Russell, D. M. Rubin, B. Wigdorowitz, T. Marwala. 2008, The Artificial Larynx: A Review of Current Technology and a Proposal for Future Development. 14th Nordic-Baltic Conference on Biomedical Engineering and Medical Physics Volume 20 of the series IFMBE Proceedings pp 160–163 Megan J. Russell, Andre Nel, T. Marwala, 2012, ARMA Analysis of Chest X-rays for Computer Assisted Detection of Tuberculosis World Congress on Medical Physics and Biomedical Engineering, Beijing, China.
Verwysings
Eksterne skakels Complete Speech-webwerf
Kategorie:Suid-Afrikaanse ingenieurs Kategorie:Suid-Afrikaanse wetenskaplikes