Rohit Gurunath Sharma (gebore 30 April 1987) is 'n Indiese internasionale krieketspeler en kaptein van die nasionale span. Hy is 'n regterhandse kolwer en boul met sy regterarm. Hy is kaptein van die Mumbai Indians in die Indiese Premierliga (IPL). Hy het onder meer tydens die Kampioenetrofeë in 2013 en 2017, die krieketwêreldbekertoernooie in 2015, 2019 en 2023, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2007, 2009, 2010, 2012, 2014, 2016, 2021 en 2022 vir Indië gespeel. Hy was die kaptein van die Indiese span wat die T20I-wêreldbeker 2024 kon wen. Een jaar later was hy ook 'n lid van die seëvierende Indiese span tydens die Kampioenetrofee 2025.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1987 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Indiese krieketspelers