Charles-Pierre Baudelaire (9 April 1821 in Parys – 31 Augustus 1867 in Parys) was ‘n Franse digter, vertaler en literêre- en kunskritikus wie se reputasie hoofsaaklik rus op Les Fleurs du mal (1857; Die Blomme van Boosheid) -welke miskien die belangrikste en mees invloedrykste digbundel is wat in Europa gedurende die 19de eeu gepubliseer was. Op soortgelyke wyse was sy ‘’Petits poèmes en prose’’ (1868; “Klein Prosagedigte”) die mees suksesvolste en mees innoverende vroeë eksperiment in prosa-poësie van die era.
Vroeë lewe Baudelaire was die enigste kind van François Baudelaire en sy veel jonger tweede vrou, Caroline Defayis, met wie hy in 1819 getroud is. François het sy loopbaan as ‘n priester begin, maar het die beroep in 1793 gelos en uiteindelik ‘n welvarende staatsbeampte geword. Hy was ‘n skilder en digter van middelmatige talent, en het sy seun aan die kunste bekendgestel, of wat die jong Baudelaire later sy grootste, mees oorheersende, en vroegste passie sou noem, synde “die okkult van beelde.” Sy vader het in Februarie 1827 gesterf, en vir agtien maande daarna het Baudelaire en sy moeder saamgewoon aan die buitewyke van Parys in omstandighede wat die jong Baudelaire altyd sou bybly. Hierdie “ paradys van liefdes uit sy kinderdae” is egter skielik in November 1828 beëindig toe sy moeder getroud is met Jacques Aupick, ‘n soldaat wat sou rys tot die rang van generaal, en wat later sou dien as die Franse ambassadeur tot die Ottomaanse Ryk en Spanje voordat hy ‘n senator onder die Tweede Franse Ryk sou word. In 1831 was Aupick in Lyons gestasioneer, en Baudelaire het aldaar sy opvoeding by die Collège Royal in 1832 begin voordat hy by die gesin se terugkeer na Parys in 1836 verplaas is na die prestigeryke Lycée Louis-le-Grand. Baudelaire het as student belofte ingehou en het begin om van sy vroegste gedigte te skryf, maar vir sy onderwysers was hy die toonbeeld van ‘n voorbeeld van vrypostige verdorwenheid en sedeloosheid, en het hy; wat hulle “voorwendsels en aanstellerighede wat onvanpas was vir sy ouderdom” genoem het; getoon. Hy het ook ‘n geneigdheid ontwikkel om buie van intense melancholie te beleef, en hy het bewus daarvan geword dat hy van nature ‘n alleenloper was. Gereelde dade van ongedissiplineerdheid het daartoe gelei dat hy as gevolg van ‘n triviale insident in April 1839 uit die skool geskors is. Nadat hy sy baccalaureus eksamens geslaag het terwyl hy ingeskryf was by die Collège Saint-Louis, het Baudelaire ‘n nominale regstudent geword by die École de Droit terwyl hy in realiteit besig was om ‘n sorgelose en onverantwoordbare “vry lewe” te lei in die Latynse Kwartier. Daar het die jong Baudelaire die eerste kontakte in die literêre wêreld ontwikkel en ook die geslagsiekte opgedoen wat uiteindelik sy dood sou veroorsaak, waarskynlik van ‘n prostituut genaamd Sarah la Louchette, welke persoonlikheid hy sou vier in sommige van sy mees ontroerende en aangrypende vroeëre gedigte. In ‘n poging om sy stiefseun te weerhou van sulke berugte en skandelike geselskap het Aupick vir Baudelaire in Junie 1841 op ‘n uitgebreide seereis na Indië gestuur, maar Baudelaire het in Mauritius oorgebly, en na ‘n paar weke daar en in Réunion het hy in Februarie 1842 na Parys teruggekeer. Die reis het egter Baudelaire se verbeelding verryk, en sy vlugtige kontak met die tropiese wêreld sou sy skryfwerk verryk met ‘n menigte eksotiese beelde en sensasies, asook ‘n onuitputbare tema van nostalgiese verlange.
Baudelaire het in April 1842 sy erfporsie ontvang en gou korte mette daarvan gemaak, aangehelp deur sy status as ‘n “man van lettere”. Hy het vryelik geld uitgegee op klere, boeke, skilderye, duursame kos en wyn, en veral marijuana en opium, laasgenoemde twee waarmee hy die eerste keer in die tydperk tussen 1843 en 1845 begin eksperimenteer het in sy Paryse woonstel by die Hôtel Pimodan (nou bekend as die Hôtel Lauzun) op die Île Saint-Louis. Dit was kort nadat hy teruggekeer het van sy reis in die suidelike seë dat Baudelaire vir Jeanne Duval ontmoet het wat, eers as sy minnares en daarna, na die middel 1850’s, as sy finansiële verantwoordelikheid, sy lewe vir die volgende twintig jaar sou oorheers. Jeanne sou die inspirasie wees agter Baudelaire se mees angsvolle en sensuele liefdesgedigte, met haar parfuum en bo alles, haar digte en pragtig-vloeiende swart haardos wat sulke meesterstukke van die eksoties-erotiese verbeelding soos La Chevelure (“Die Kop van Hare”) uit sy pen sou laat voortvloei. Baudelaire se voortgesette spandabelrigheid het binne twee jaar die helfte van sy erflating uitgeput; hy was ook die slagoffer van skelms en geldleners, en sodoende is die fondament vir ‘n opeenhoping van skuld wat hom vir die res van sy lewe sou kortwiek, gelê. In September 1844 het sy familie hom ‘n regsooreenkoms opgelê wat sy toegang tot sy erflating beperk het en wat hom effektiewelik minderjarig gemaak het wat sy regstatus betref. Die skamele jaarlikse toelaag wat hom voortaan gegun was, was onvoldoende om sy skuld te delg, en die resulterende staat van permanente finansiële probleme het daartoe gelei dat hy in al hoe groter wordende mate emosioneel en finansieel afhanklik geraak het van sy moeder, dit het ook sy groeiende verafskuwing van sy stiefpa vererger. Die kwellende buie van isolasie, wanhoop en vertwyfeling wat Baudelaire getref het in sy jeug het bygevolg teruggekeer en meer dikwels voorgekom.
Vroeë skrywes Baudelaire het in 1842 teruggekeer vanaf die suid seë, meer vasberade as ooit om ‘n digter te word. Van toe af tot 1846 het hy waarskynlik die grootste deel van die gedigte geskryf wat uiteindelik die eerste uitgawe (1857) van Les Fleurs du mal sou uitmaak. Hy het hom egter daarvan weerhou om dit as aparte tekste te publiseer, wat daarop dui dat hy van die begin af ‘n samebindende versameling, wat verbind is deur hegte tematiese argitektuur, in die oog gehad het, eerder as ‘n eenvoudige opeenvolging van onafhanklike gedigte. In Oktober 1845 het hy die verskyning aangekondig van ‘n bundel getiteld Les Lesbiennes (“Die Lesbians”), wat in intervalle na 1848 gevolg is deur Les Limbes (“Limbo”), waarvan die verklaarde doelwit was om “die onrustighede en melancholieë van die moderne jeug te verteenwoordig.” Nie een van die twee bundels het egter ooit in boekvorm verskyn nie, en Baudelaire het hom eers aanvanklik in die Paryse kulturele milieu gevestig as ‘n kritikus van kuns, met sy resensies van die Salons van 1845 en 1846, en nie as digter nie. Hy was geïnspireer deur die voorbeeld van die Romantiese skilder Eugène Delacroix, wat in sy Salons uitgebrei het op ‘n wydlopende teorie van moderne skilderwerk, met skilders wat aangepor is om die “heroïsme van die moderne lewe” te vier. In Januarie 1847 het Baudelaire ‘n novelle getiteld La fanfarlo gepubliseer wie se held, of anti-held, Samuele Cramer, wyd gesien word, al is dit ‘n ietwat eenvoudige, simplistiese siening, as ‘n selfportret van die outeur - soos hy op kwellende wyse ossilleer tussen sy begeerte vir die ouerige en respektabele Madame de Cosmelly en ‘n erotiese aktrise-danser.
Daarna is daar min van Baudelaire gehoor tot Februarie 1848; toe daar wyd gerapporteer is dat hy deelgeneem het aan die onluste wat Koning Louis-Philippe omvergewerp het en die Franse Tweede Republiek (Frankryk) tot stand gebring het. Een ongestaafde relaas vertel van Baudelaire wat ‘n geweer rondswaai en die moeilikheidmakers aanmoedig om Generaal Aupick, wat toe direkteur van die École Polytechnique was, te skiet. Sulke verhale het sommige daarna beweeg om Baudelaire se betrokkenheid in die rewolusionêre gebeurlikhede van 1848 tot 1851 te beskou as blote rebellie aan die kant van ‘n onvergenoegde, afvallige en onthutste (en steeds ongepubliseerde) bourgeois digter. Meer onlangse studies toon egter aan dat Baudelaire baie toegewyd was aan ‘n radikale politiese oogpunt wat waarskynlik die van die Anarchies-Sosialistiese Pierre-Joseph Proudhon gereflekteer het. Daar word op geloofwaardige wyse gerapporteer dat Baudelaire deelgeneem het aan beide die werkersklas opstand van Junie 1848 sowel as aan die weerstand teen die Bonapartiese militêre staatsgreep van Desember 1851. Baudelaire het kort daarna beweer dat laasgenoemde sy aktiewe belangstelling in politiek beëindig het. Voortaan sou hy eksklusief op sy skryfwerk fokus.
Volwassenheid en agteruitgang In 1847 het Baudelaire die werk van Edgar Allan Poe ontdek. Hy was oorweldig deur wat hy beskou het as die byna vreemde ooreenkomste tussen die Amerikaner se gedagtes en temperament en sy eie, en het hom begewe in die taak om die werke van Poe te vertaal, welke hom sou voorsien van sy mees gereelde werk en inkomste vir die res van sy lewe. Sy vertaling van Poe se ‘’”Mesmeric Revelation”’’ het so vroeg as Julie 1848 verskyn, en daarna het vertalings gereeld verskyn in resensies voordat dit gebundel is in boekvorm in die Histoires extraordinaires (1856; “Buitengewone Verhale”) en Nouvelles Histoires extraordinaires (1857; “Nuwe Buitengewone Verhale”). Elk is voorafgegaan deur ‘n belangrike kritiese inleiding deur Baudelaire. Dit is gevolg deur Les Aventures d'Arthur Gordon Pym (1857), Eurêka (1864), en Histoires grotesques et sérieuses (1865; “Groteske en Ernstige Verhale”). As vertalings was hierdie werke, op hul beste gesien, klassieke werke van Franse prosa, en die voorbeeld van Poe het aan Baudelaire groter selfvertrou verleen wat betref sy eie estetiese teorieë en ideale ten opsigte van poësie. Baudelaire het ook begin om die werk van die konserwatiewe teoris, Joseph de Maistre te bestudeer, wat saam met Poe se werk sy gedagtes gedraai het in ‘n groterwordende antinaturalistiese en antihumanistiese rigting. Van die middel van die 1850’s af sou Baudelaire homself beskou as Rooms Katoliek, alhoewel sy obsessie met oorspronklike sonde en die Duiwel nie vergesel is van geloof in God se vergifnis en liefde nie, en sy Christenskap was derhalwe tot op die punt van onbestaanbaarheid verarm. Tussen 1852 en 1854 het Baudelaire ‘n aantal gedigte aan Apollonie Sabatier gerig. Die gedigte het haar, ten spyte van haar reputasie as ‘n “hoë-klas gesellin”, as sy madonna en muse gehuldig, en in 1854 het hy ‘n vlugtige ongeoorloofde liefdesverhouding met die aktrise Marie Daubrun gehad. Intussen het Baudelaire se groeiende reputasie as die vertaler van Poe, en as ‘n kunskritikus, hom ten einde laaste in staat gestel om sommige van sy gedigte te laat druk. In Junie 1855 het die Revue des deux mondes ‘n opeenvolging van agtien van sy gedigte gepubliseer onder die algemene titel van Les Fleurs du mal. Diè gedigte, wat Baudelaire gekies het om hul oorspronklike styl en skokkende temas, het aan hom berugtheid besorg. Die volgende jaar het Baudelaire ‘n kontrak geteken met die uitgewer Poulet-Malassis vir ‘n vollengte digbundel om te verskyn onder bg. titel. Toe die eerste uitgawe van Les Fleurs du Mal in Junie 1857 gepubliseer was , was dertien van die honderd gedigte daarin vervat onmiddellik opgestel vir misdade tot godsdiens of die openbare moraliteit. Na ‘n verhoor van een dag op 20 Augustus 1857 was beveel dat ses van die gedigte onmiddellik van die boek verwyder word op grond van obseniteit, met Baudelaire wat beveel was om ‘n boete van driehonderd (later verminder na 50) francs te betaal. Die ses gedigte was eerste heruitgegee in België in die bundel Les Épaves (“Wrak”), en die amptelike verbod op hulle sou nie tot 1949 gelig word nie. Die frase Les Fleurs du Mal het grotendeels te danke aan hierdie omstandighede ‘n bywoord vir verdorwenheid, onsedelikheid, morbiditeit en obseniteit geword, en die legende van Baudelaire as die verdoemde afvallige andersdenkende en pornografiese digter, was gebore.
Die laaste jare