Alpha Antliae (ook α Antliae of α Ant genoem) is die helderste ster in die sterrebeeld Lugpomp (Antlia), maar het nie ’n gewone naam nie. Dit is sowat 320 ligjare van die Sonnestelsel af en is ’n K-tipe reusester met ’n skynbare magnitude van 4,25. Dit het ’n massa van 2,2 sonmassas en het uitgesit tot 41 keer die sonradius. Dit het net 41% van die metale van die Son (elemente benewens waterstof en helium).
α Ant se helderheid wissel na in 1879 berig is tussen ’n magnitude van 4,22 en 4,29, maar dit is nog nie in die moderne tyd bevestig nie. Sy evolusiestatus is nie duidelik nie, maar dit val na verwagting in die asimptotiese reusetak, met ’n onaktiewe koolstofkern.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:K-tipe reusesterre Kategorie:Lugpomp (sterrebeeld)