Die Karelsuniversiteit, ook bekend as Karelsuniversiteit in Praag (Tsjeggies: Univerzita Karlova; Latyn: Universitas Carolina; Duits: Karls-Universität) of histories as die Universiteit van Praag (Latyn: Universitas Pragensis), is die oudste en grootste universiteit in die Tsjeggiese Republiek. Dit is in 1348 gestig en was die eerste universiteit in Sentraal-Europa.Joachim W. Stieber: "Pope Eugenius IV, the Council of Basel and the secular and ecclesiastical authorities in the Empire: the conflict over supreme authority and power in the church", Studies in the history of Christian thought, Vol. 13, Brill, 1978, , bl.82; Gustav Stolper: "German Realities", Read Books, 2007, , p. 228; George Henry Danton: "Germany ten years after", Ayer Publishing, 1928, , bl. 210; Vejas Gabriel Liulevicius: "The German Myth of the East: 1800 to the Present", Oxford Studies in Modern European History Series, Oxford University Press, 2009, , bl. 109; Levi Seeley: "History of Education", BiblioBazaar, , bl. 141 Dit is een van die oudste universiteite wat deurlopend operasioneel was vanaf sy stigting oftewel waarvan die aktiwiteite nooit gestaak is nie. Vandag bestaan die universiteit uit sewentien fakulteite wat geleë is in Praag, Hradec Králové en Plzeň. Die universiteit se akademiese uitgewers-huis is Karolinum Press. Die universiteit bedryf ook verskeie museums en twee botaniese tuine.
Die universiteit se seël bevat sy beskermheer Keiser Karel IV, met sy wapen as Koning van die Romeine en Koning van Boheme wat voor Sint Wenceslaus, die beskermheilige van Boheme, kniel. Om dit is die inskrywing Sigillum Universitatis Scolarium Studii Pragensis (Afrikaans: Seël van die Praag akademie).
Geskiedenis duimnael|regs|200px|Monument van die universiteit se beskermheer, Karel IV, Keiser van die Heilige Romeinse Ryk in Praag (gebou in 1848)
Middeleeuse universiteit (1349–1419) Die inspirasie vir die stigting van 'n middeleeuse universiteit in Praag was die Keiser van die Heilige Romeinse Ryk, Karel IV.Karel was sedert 11 Julie 1346 die anti-koning van die Romeine, sedert 26 Augustus 1346 Koning van Boheme, sedert 17 Junie 1349 die wettige koning van die Romeine as Karel IV, en vanaf 5 April 1355 die keiser van die Heilige Romeinse Ryk. Hy het sy vriend en bondgenoot, Pous Clemens VI, gevra om die universiteit op te rig. Op 26 Januarie 1347 het die pous die magtiging (pouslike Bull) uitgereik vir 'n universiteit in Praag, welke universiteit gebaseer sou word op die Universiteit van Parys met die volle aantal (4) fakulteite, d.w.s. insluitende teologie. Op 7 April 1348 het Karel, die koning van Boheme, aan die nou-opgerigte universiteit sekere voorregte en kwytskeldings verleen uit hoofde van sekulêre magte vervat in 'n Goue Bull en op 14 Januarie 1349 het hy dié aksie herhaal as Koning van die Romeine. Die meeste Tsjeggiese bronne in 19de eeuse ensiklopedieë, algemene historieë en materiaal van die universiteit self -gee die jaar van 1348 aan as die stigtingsjaar van die universiteit eerder as 1347 of 1349. Dit is veroorsaak deur 'n anti-geestelike gees in die 19de eeu wat deur beide die Tsjegge en die Duitsers gedeel is.
duimnael|links|230px|'n Onderwyser en studente word uitgebeeld in 'n Middeleeuse manuskrip Die universiteit het in 1349 geopen. Die universiteit is ingedeel in afdelings bekend as nationes: onderskeidelik dié van Boheme, Beiere, Pole en Sakse. Die Boheemse natione het Boheme, Morawiërs, suidelike Slawiërs en Hongare ingesluit; die Beierse natione het Oostenrykers, Swabe, Franke en studente uit die Ryn-provinsies ingesluit; die Poolse natione het mense van Silesië en Pole ingesluit; die Saksiese natione het inwoners uit Meissen, Thüringen, Bo- en Benede Sakse, Denemarke en Swede ingesluit. Etnies Tsjeggiese studente het 16 tot 20% van alle studente opgemaak. Aartsbiskop Arnošt van Pardubice het 'n aktiewe deel gespeel in die grondlegging van die instituut deur die geestelikes te vra om by te dra en is aangestel as die universiteit se kanselier.
Die lesings is gehou in die kolleges, waarvan die oudste (wat in 1366 gestig is) vernoem is na keiser Karel (Karolinum). In 1372 het die regsfakulteit 'n onafhanklike universiteit geword.
In 1402 het Jerome van Praag in Oxford die Dialogus en Trialogus van John Wycliffe gekopieer. Die dekaan van die fakulteit van Filosofie, Jan Hus, het die Trialogus in Tsjeggies vertaal. In 1403 het die universiteit sy lede verbied om Wycliffe se leerstellings te volg, maar dit het in gewildheid toegeneem.
Tydens die westelike skeuring het die Boheemse-natio die kant van koning Wenceslaus (Keiser van die Heilige Romeinse Ryk) geneem en die konsilie van Pisa (1409) ondersteun. Die ander nationes het hul ondersteuning verleen aan Pous Gregorius XII. Derhalwe was die stem 1:3 teen die Boheme. Jan Hus en ander Boheme het egter Wenceslaus se opposisie teen Gregorius uitgebuit. Die koning het by wyse van die Dekreet van Kutná Hora (Duits: Kuttenberg) op 18 Januarie 1409 die universiteit se grondwet ondermyn deur aan die Boheme drie stemme toe te ken. Slegs 'n enkele stem het vir die ander nationes oorgebly, vergeleke met een stem vir elke natione soos tevore. Die resultaat van hierdie "coup" was die emigrasie van buitelandse (meestal Duits) professore en studente wat in Mei 1409 die Universiteit van Leipzig gestig het. Voor hierdie gebeurtenis het die universiteit omtrent 200 doktorale- en magister studente asook vyfhonderd Baccalaureus studente (in totaal 30,000 studente) gehad. Die universiteit het 'n groot deel van sy studente- en personeelkorps verloor. Skattinge van die verlies wissel van 5000 tot 20,000, insluitende 46 professore. In die herfs van 1409 is Jan Hus verkies tot rektor van die nou Tsjeggies-gedomineerde universiteit.
Derhalwe het die Praagse universiteit die grootste deel van sy studente en fakulteit verloor. Van die oomblik af het die universiteit spoedig verval tot 'n blote streeksinstelling met 'n lae status.Lexikon des Mittelalters: "Prag. Universität", J.B. Metzler, Vol. 7, cols 163–164 Die fakulteite van teologie en regte het gou verdwyn (in 1419), en slegs die Fakulteit van kunste het bly voortbestaan.
Protestantse akademie (1419–1622) duimnael|300x300px|Die Karolinum – die oudste gebou van die Karelsuniversiteit wat in die 14de eeu gebou is. Die Fakulteit van kunste van die Karelsuniversiteit in Praag het die sentrum van die Hussiete-beweging, en die hoof doktrinale gesagsliggaam van die Ultrakwiste, geword. Geen grade is in die jare 1417 tot 1430 toegeken nie en by tye was daar slegs agt of nege professore aanwesig. Keiser Sigismund, die seun van Charles IV, het wat oorgebly het as sy persoonlike eiendom opgeneem en daar is op beskeie vlak vooruitgang gemaak. Keiser Ferdinand I het die Jesuïete na Praag opgeroep, en in 1562 het hulle 'n akademie gestig- die Clementinum. Van 1541 tot 1558 was die Tsjeggiese humanis Mattheus Collinus (1516–1566) 'n professor van Grieks aan die instelling. Vooruitgang is ook gemaak toe keiser Rudolf II residensie opgeneem het in Praag. In 1609 is die verpligte selibaatskap van professors afgeskaf. In 1616 het die Jesuïete Akademie 'n universiteit geword. (Dit kon akademiese grade toeken.)
Die Jesuïete is in 1618 tot 1621, aan die begin van die Dertigjarige oorlog wat in Praag begin is, deur anti-Katolieke en anti-imperialistiese Boheme uitgesit. Teen 1622 het die Jesuïete 'n dominante invloed oor die keiser gehad. 'n Ryksdekreet van 19 September 1622 het die Jesuïete beheer oor die gehele skoolsisteem van Boheme, Morawië en Silesië gegee. Die laaste vier professors by die Karolinum het bedank en die Karolinum en nege kolleges het na die Jesuïete oorgegaan. Die reg om grade toe te ken, kanselierskappe te hou en sekulêre professors aan te stel is ook aan die Jesuïete toegestaan.
Karel-Ferdinand Universiteit (1622–1882) Kardinaal Ernst Adalbert von Harrach het die samesmelting van die universiteit met ander instellings en die onttrekking van die episkopalistiese reg tot die kanselierskap teengestaan en die optrek van die Goue Bull vir die bevestiging van die toegif aan die Jesuïete verhoed. Kardinaal Ernst het die Collegium Adalbertinum befonds, en in 1638 het keiser Ferdinand III van die Heilige Romeinse Ryk die onderrig-monopolie wat deur die Jesuïete geniet is beperk. Hy het hulle ontneem van die regte, eiendomme en argiewe van die Karolinum en die universiteit weereens onafhanklik verklaar onder 'n ryksbeskermheer. Gedurende die laaste jare van die Dertigjarige oorlog is die Karelsbrug in Praag op dapper en moedige wyse deur studente van die Karolinum en Clemtinum beskerm. Sedert 1650 neem gegradueerdes 'n eed om die onbevlekte ontvangs van die Heilige Maagd te onderhou, wat elke jaar hernu word.
duimnael|250px|links|Die Barok biblioteeksaal van die Clementinum wat oorspronklik aan die universiteit behoort het en vandag deel vorm van die Nasionale Biblioteek van die Tsjeggiese Republiek Op 23 Februarie 1654 het keiser Ferdinand III van die Heilige Romeinse Ryk die Karolinum en Clementium laat saamsmelt en 'n enkele universiteit geskep met vier fakulteite-die Karel Ferdinand-universiteit. Die Karolinum het op die stadium slegs beskik oor 'n Fakulteit van kunste (Praag), die enigste fakulteit wat die Hussiete-oorloë oorleef het. In die tyd het die universiteit bekendgestaan as die Karel-Ferdinand-universiteit (Latyn: Universitatis Carolinae Ferdinandeae). Die verwaarloosde Karolinum is in 1718 op onkoste van die staat herbou.
Die herbouing en die burokratiese hervormings van die universiteit in die tyd van die Habsburg vorstehuis in 1752 en 1754 het die universiteit ontneem van baie van sy voormalige voorregte. In 1757 is 'n Augustiniaan en Dominikaan aangestel om teologiese onderrig te gee. Daar was egter 'n geleidelike bekendstelling van verligte hervormings en die proses het teen die einde van die eeu 'n hoogtepunt bereik toe selfs nie-Katolieke die reg gegee is om te studeer. Op 29 Julie 1784 het Duits Latyn as voertaal vervang. Vir die eerste keer is Protestante toegelaat en kort daarna ook Jode. Die universiteit het die benodigdheid vir 'n leerstoel vir die Tsjeggiese taal en letterkunde erken. Keiser Leopold II van die Heilige Romeinse Ryk het op 28 Oktober 1791 die leerstoel deur 'n dekreet gevestig. Op 15 Mei 1792 is die geskiedkundige Franz Martin Pelzel (Tsjeggies: František Martin Pelcl) aangestel as professor van die leerstoel. Hy het op 13 Maart 1793 met sy lesings begin.
Tydens die rewolusie van 1848 het beide Duitse en Tsjeggiese studente geveg vir die byvoeging van Tsjeggies as voertaal aan die Karel-Ferdinand-universiteit. As gevolg van die demografiese veranderinge van die 19de eeu het Praag teen 1860 nie meer beskik oor 'n meerderheid Duitstalige inwoners nie. Teen 1863 was twee-en-twintig kursusse in Tsjeggies en die res (uit 187 lesings) in Duits. In 1864 het die Duitsers die stigting van 'n aparte Tsjeggiese universiteit voorgestel. Tsjeggiese professore het die voorstel verwerp omdat hulle nie ontneem wou wees van die kontinuïteit van die universiteit se tradisies nie.
Skeuring in Tsjeggiese en Duitse universiteite
Dit het gou duidelik begin word dat nòg die Tsjegge nòg die Duitsers tevrede was met die tweetalige reëling wat die universiteit na die rewolusie van 1848 aangeneem het. Die Tsjegge het ook geweier om die idee van die herinstelling van die 1349 Natio-universiteit (Nasies-universiteit) te ondersteun en in stede daarvan hul ondersteuning verleen aan die idee om die universiteit se eenheid te behou maar dit in verskillende universiteits-kolleges te verdeel, een Tsjeggies en een Duits. Dit sou beide die Tsjegge en Duitsers toelaat om die gesamentlike tradisies van die universiteit te behou. Die Duitssprekendes het egter gou die voorstel ge-veto: hulle het voorgestel dat die Karelsuniversiteit verdeel word in twee aparte instellings.