Alpha Apodis (ook bekend as α Apodis of α Aps) is die helderste ster in die sterrebeeld Paradysvoël (Apus), met ’n skynbare magnitude van 3,825. Met ’n deklinasie van is dit ’n sirkumpolêre ster in ’n groot deel van die Suidelike Halfrond. Dit kan snags uitgeken word deur ’n denkbeeldige lyn deur Alpha Centauri en Alpha Circini te trek en dit tot by die hemelsuidpool te verleng.
Dit is ’n K-tipe reusester van spektraaltipe K2,5 III, wat daarop dui dat dit die waterstof in sy kern opgebruik en weg van die hoofreeks beweeg het. Dit het uitgesit tot 48 keer die sonradius en straal 980 soveel lig uit as die Son. Die fotosfeer het ’n effektiewe temperatuur van 4 256 K en dit het dus die tipiese oranje skynsel van K-tipe sterre.
Die ster is sowat 430 ligjare van die Sonnestelsel af. Dit is onduidelik of dit ’n metgeselster het.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:K-tipe reusesterre Kategorie:Paradysvoël (sterrebeeld)