duimnael|regs Lopez Lomong (gebore op 5 Januarie 1985)Lopez Lomong. nbcolympics.com is 'n Suid-Soedannees-gebore Amerikaanse atleet wat middelafstande hardloop. Lomong is een van die Verlore Seuns van Soedan en het op die ouderdom van sestien na die VSA gekom en in 2007 'n VSA burger geword.

Lomong se eintlike geboortedatum is 5 Januarie 1985, maar soos alle Verlore Seuns wat in die VSA gearriveer het sonder dokumente word sy amptelike geboortedatum as 1 Januarie gelys.name="sportsillustrated.cnn.com">Olympian Lopez Lomong Still Dreaming Big Si.com, 6 Januarie 2009

Lomong het vir die Olimpiese Somerspele 2008 in die 1500 meter gekwalifiseer tydens die Verenigde State Olimpiese proewe in Eugene, Oregon. Hy was die vlagdraer vir die Verenigde State tydens die openingseremonie van die Olimpiese Somerspele 2008.

Hy is tans 'n lid van Team Darfur, te wete 'n groep atlete wat hul beywer om druk op China uit te oefen om druk op die Soedannese regering te plaas om die Oorlog in Darfoer aan te spreek.Yahoo . Voices.yahoo.com (23 April 2014).Opgespoor op 2017-01-16. Lomong se outobiografie, Running for My Life, waarvan Mark Tabb die mede-skrywer is, was in 2012 gepubliseer.

Verwysings

Eksterne skakels

Interview with Lopez Lomong at ESPN

Kategorie:Amerikaanse sportlui Kategorie:Amerikaanse atlete Kategorie:Geboortes in 1985 Kategorie:Lewende mense