'n Polisieklaringsertifikaat of gedragsertifikaat is 'n amptelike dokument wat uitgereik word as 'n resultaat van 'n agtergrondondersoek deur die polisie of 'n ander staatsorgaan van 'n staat ten einde enige kriminele rekords wat die aansoeker mag hê na te gaan. Kriminele rekords mag inhegtenisnames, skuldigbevindings, en moontlik kriminele verrigtinge insluit. 'n Polisie klaringsertifikaat staan ook as 'n goeie burger sertifikaat (Hongkong), nasionale polisiegeskiedenisondersoek/navraag (in Australië) of as 'n judisiële rekorduittreksel bekend.https://www.saps.gov.za/services/applying_clearence_certificate.php Besoek op 04 Junie 2019 Omrede die proses dikwels omslagtig is het die SAPD in Suid-Afrika 'n nuwe proses bekend gestel om die dokument te verkry.https://businesstech.co.za/news/government/258227/there-is-a-new-process-for-getting-a-police-clearance-certificate-and-it-will-cost-you/ Besoek op 04 Junie 2019

Aansoekers moet vingerafdrukke en sekere persoonlike inligting voorsien ten einde 'n kriminele rekordnavraag te kan doen, en die polisie of ander staatsorgaan kan 'n fooi daarvoor vra.https://www.saps.gov.za/services/applying_clearence_certificate.php Besoek op 04 Junie 2019

Doel van die dokument 'n Polisiesertifikaat mag aangevra word indien die aansoeker:

aansoek doen om 'n pos wat klaring vereis; van voorneme is om te immigreer of 'n visum te verkry; en moet voldoen aan 'n betrokke werkgewer se versoek.

Omvang Afhangende van die reg van 'n betrokke land, mag aansoekers versoek word om polisiesertifikate te voorsien van lande waar hulle langer gewoon het as wat regtens toegelaat word. Australië: Vir burgerskapaansoeke: lande waar aansoekers vir drie maande of meer woonagtig was indien die aansoeker vir meer as 12 (twaalf) maande buite Australië se grense was sedert verkryging van permanente woonregte; vir visumaansoeke: lande waar aansoekers vir 12 (twaalf) maande of meer gewoon het. Kanada: Lande waar aansoekers vir 6 (ses) maande of meer gewoon het. Ecuador: Lande waar aansoekers hoofsaaklik gewoon het gedurende die afgelope 5 jaar. Nieu-Seeland: Lande waar aansoekers vir 12 (twaalf) maande of meer gewoon het. Verenigde State: Lande waar aansoekers vir 6 (ses) maande of meer gewoon het.

Geldigheidsduur 'n Polisiesertifikaat mag of mag nie 'n tydperk van geldigheid op die sertifikaat aangebring hê nie, en kriteria vir die erkenning van die geldigheid daarvan verskil wyd. In Suid-Afrika word daar byvoorbeeld vir aansoeke om nasionale registrasiesertifikate vir die verspreiding van alkoholiese drank vereis dat die sertifikaat nie ouer as drie maande vanaf uitreiking daarvan moet wees nie.http://www.thedti.gov.za/business_regulation/nla_application_procedures.jsp Besoek op 04 Junie 2019 Die kriteria wat verskillende lande gebruik ten einde die geldigheid van die sertifikate vas te stel, is egter dikwels onafhanklik van enige datums of tydperke van geldigheid wat op die sertifikate self aangebring is.

Australië erken byvoorbeeld die geldigheid van polisiesertifikate vir 'n tydperk van 12 maande vanaf uitreiking daarvan, wat betref beide visum- en burgerskapaansoeke, onafhanklik van enige datum van geldigheid wat op die sertifikate aangebring is. Ecuador, in teenstelling hiermee, erken slegs polisiesertifikate (sedert 2 Maart 2012) wat uitgereik is in die voorafgaande 3 maande voor die datum wat die sertifikate voortgebring of aangebied word (bv. vir 'n visum aansoek), weereens onafhanklik van enige datums of geldigheidstydperke wat eksplisiet vervat is, of aangebring is, op die sertifikate.

Soos in baie lande, word die kriteria vir die geldigheidsperiodes van polisiesertifikate nie voorgeskryf of vooropgestel in wetgewing nie, soos byvoorbeeld in Suid-Afrika. In Australië is die benadering eenvoudig aangeneem deur hul Departement van Immigrasie en Burgerskap ten einde konsekwentheid oor verskeie jurisdiksies te verseker. In Ecuador is die benadering aangeneem deur hul Departement van Binnelandse Sake.

Verwysings

Eksterne skakels Clickable Maps providing general information on where to obtain a police certificate in the particular country from Citizenship and Immigration Canada List of non-immigrant visa requirements for US State Dept. includes police certificates Sample Format of a National Police History Check Certificate in Australia Sample Format of a National Police Check Certificate issued by an Australian state police agency US embassy in Japan website police certificate FAQ Explanation of process used to obtain a police certificate in the US from the NZ Dept. of Labor, which requires police certificates