Yuval Noah Harari (gebore op 24 Februarie 1976) is 'n Israelse geskiedkundige en professor by die Departement van Geskiedenis aan die Hebreeuse Universiteit van Jerusalem.[http://www.ynharari.com/ Yuval Harari se blad by die webwerf van die Hebreeuse Universiteit van Jerusalem Hy is die skrywer van die internasionale topverkopers Sapiens: A Brief History of Humankind (2014), Homo Deus: A Brief History of Tomorrow (2016) en 21 Lessons for the 21st Century (2018). Sy skryfwerk ondersoek vrye wil, bewustheid, en intelligensie.

Harari se vroeëre publikasies handel met wat hy beskryf as die "kognitiewe revolusie" wat rofweg 50 000 jaar gelede plaasgevind het toe Homo sapiens hul mededinger, die Neanderdallers, verdring het en taalvaardighede en gestruktureerde samelewingstrukture begin ontwikkel het en opgang gemaak het as apeksroofdiere. Die ontwikkeling is aangehelp deur die landbourevolusie en meer onlangs versnel deur die wetenskaplike metodologie en rasionalisme, wat mense toegelaat het om hul omgewing te oorheers.

Sy onlangse boeke is meer omsigtig, en werk deur die gevolge van 'n futuristiese biotegnologiese wêreld waar intelligente biologiese organismes verdring word deur hul eie skeppings. Hy het ook gesê dat "Homo sapiens soos hy tans daaruitsien binne ongeveer 'n eeu sal verdwyn".

Biografie Harari is in 1976 gebore in Kiryat Ata, Israel, aan Shlomo en Pnina Harari (née Luttinger). Die gesin was sekulêr,Les prédictions de Yuval Noah Harrari , L'arche magazine met Bukowinese en Poolse wortels. Sy vader, Shlomo Harari, gebore Blajberg,Geni Genealogy Site het as ingenieur by 'n staatsmaatskappy gewerk en was passievol oor geskiedenis. Sy grootvader aan moederskant, Avraham (Bruno) Luttinger,My Heritage genealogy site is gebore in Cherniți en het tydens die Tweede Wêreldoorlog as 'n Palestynse Jood in die Britse Leër in Europa gedien. Sy vrou Fanny, née Kosowski, is gebore in Halberstadt in Duitsland, waar haar gesin vir 'n geruime tyd gevestig was. Hulle was oorspronklik van Pole. Harari is homoseksueel en in 2002 het hy sy eggenoot Itzik Yahav, wat hy "my internet van alle dinge" noem, ontmoet. Yahav is ook Harari se persoonlike bestuurder. Hulle is getroud tydens 'n burgerlike seremonie in Toronto, Kanada. Die paartjie woon in 'n "moshav" ('n tipe koöperatiewe landbougemeenskap bestaande uit individuele plase) genaamd Mesilat Zion naby Jerusalem.

Harari het by geleentheid gesê dat Vipassana-meditasie, waarmee hy in 2000 begin het toe hy nog by Oxford werksaam was, "my lewe getransformeer het". Hy oefen elke dag vir twee ure (een uur aan die begin van sy werksdag, en een uur aan die einde van sy werksdag)) en onderneem elke jaar vir dertig dae of meer 'n "meditatiewe vakansie" in stilte, met geen steurings soos boeke of sosiale media nie. Hy het sy boek, Homo Deus, opgedra aan "my onderwyser, S. N. Goenka, wat my op liefderike wyse belangrike dinge geleer het," en hy het ook gesê: "Ek sou nie hierdie boek kon skryf sonder die fokus, vrede en insig wat verkry is deur die oefen van Vipassana vir die afgelope vyftien jaar nie."Homo Deus, dedication and Acknowledgements bl426 Hy beskou meditasie ook as 'n weg tot navorsing.

Harari is 'n vegetariër en het ook gesê dat dit die gevolg was van sy navorsing, insluitende sy oortuiging dat die suiwelbedryf die band tussen 'n koei en haar kalf breek. Van Januarie 2019 af maak hy nie meer gebruik van 'n slimfoon nie.

Akademiese loopbaan Harari het aanvanklik gespesialiseer in Middeleeuse geskiedenis en militêre geskiedenis tydens sy studies vanaf 1993 tot 1998 aan die Hebreeuse Universiteit van Jerusalem. Hy het sy D.Phil graad in 2002 aan Jesus-kollege, Oxford voltooi onder leiding van Steven J. Gunn. Van 2003 tot 2005 was hy besig met sy post-doktorale studies in geskiedenis as Yad Hanadiv-genoot.

Hy het verskeie boeke en artikels gepubliseer, insluitende (in Engels) Special Operations in the Age of Chivalry, 1100–1550;Yuval Noah Harari, Special Operations in the Age of Chivalry, 1100–1550 (Woodbridge: Boydell & Brewer, 2007) The Ultimate Experience: Battlefield Revelations and the Making of Modern War Culture, 1450–2000;Yuval Noah Harari, The Ultimate Experience: Battlefield Revelations and the Making of Modern War Culture, 1450–2000 (Houndmills: Palgrave-Macmillan, 2008) The Concept of 'Decisive Battles' in World History;Yuval Noah Harari, The Concept of 'Decisive Battles' in World History, in Journal of World History 18:3 (2007), 251–266. en Armchairs, Coffee and Authority: Eye-witnesses and Flesh-witnesses Speak about War, 1100–2000.Yuval Noah Harari, "Armchairs, Coffee and Authority: Eye-witnesses and Flesh-witnesses Speak about War, 1100–2000", The Journal of Military History 74:1 (Januarie 2010), bls. 53–78. Hy spesialiseer tans in wêreldgeskiedenis en makro-historiese prosesse.

Sy boek Sapiens: A Brief History of Humankind is in 2001 in Hebreeus gepubliseer en het in 2014 in Engels verskyn. Die werk is sedertdien in vyf-en-veertig bykomende tale vertaal. Die boek neem die gehele lengte van menslike geskiedenis in oënskou, en dek die evolusie van Homo sapiens in die Steentydperk tot by die politiese en tegnologiese revolusies van die 21ste eeu. Die Hebreeuse uitgawe was 'n topverkoper in Israel en het wye belangstelling by die algemene publiek gewek. Dit het Harari binne 'n oogwink groot bekendheid besorg.Fast talk / The road to happiness , in Haaretz, 25 April 2012 YouTube-videosnitte van Harari se lesings oor die wêreldgeskiedenis is deur tienduisende Israelse kykers besigtig."A Brief History of Mankind course, in the Hebrew University of Jerusalem channel on YouTube (in Hebreeus)

Harari gee ook gratis aanlyn-kursusse in Engels getiteld A Brief History of Humankind.

Gepubliseerde werke Harari se boek Homo Deus: A Brief History of Tomorrow is in 2016 gepubliseer, en ondersoek die moontlikhede van die toekoms van Homo sapiens. Die boek se uitgangspunt is dat die mensdom in die toekoms waarskynlik 'n wesenlike poging gaan aanwend om geluk, onsterflikheid en Godagtige kragte te bekom. Die boek spekuleer oor verskillende maniere waarop hierdie ambisieuse strewes in die toekoms vir Homo Sapiens verwerklik kan word, gebaseer op die realiteite en werklikhede van die verlede en die toekoms. Harari ontwikkel onder andere hierin 'n term vir 'n filosofie wat die "aanbidding" van groot data behels.

Harari se mees onlangse boek is getiteld 21 Lessons for the 21st Century en fokus op meer alledaagse sake. Dit is op 30 Augustus 2018 gepubliseer. In Hoofstuk 2 bespreek hy die toenemende getal mense wat werkloos gelaat word deur vooruitgang in outomatisering en kunsmatige intelligensie. Hy ondersoek ook die idee van 'n basiese inkomste en/of universele inkomste vir elke burger, nieteenstaande hulle werkstatus, as 'n middel om ekonomiese werkloosheid aan te spreek.

Oortuigings en opinies Harari stel belang in die wyse waarop die mens sy huidige vorm bereik het en in die toekoms van die mensdom. Sy navorsing fokus op makro-historiese vrae soos: "Wat is die verhouding tussen geskiedenis en biologie?", "Wat is die essensiële verskil tussen Homo sapiens en ander diere?", "Beskik geskiedenis oor 'n rigting?" en "Het mense gelukkiger geword soos wat die geskiedenis ontvou?"

Harari beskou ontevredenheid as die die "wortel" van menslike realiteit en ook hoe dit in verband staan met evolusie.

In 'n artikel uit 2017 argumenteer Harari "dat daar teen 2050 dalk 'n nuwe klas mens sal ontstaan - die nuttelose klas. Dit wil sê mense wat nie slegs werkloos is nie, maar ook nie indiensneembaar is nie, as gevolg van groterwordende tegnologiese vooruitgang en vooruitgang in Kunsmatige intelligensie (KI)." Hy doen aan die hand dat die vraag oor hoe die mensdom op ekonomiese, maatskaplike en politieke vlak teenoor hierdie nuwe maatskaplike klas gaan optree, 'n belangrike uitdaging vir die mensdom in die komende dekades gaan uitmaak.

Harari het ook kommentaar gelewer op die onbenydingswaardige posisie van diere, en veral dié van troeteldiere sedert die aanvang van die landbouomwenteling. Harari is 'n vegetariër. Hy het sy oogpunte oor die wêreld soos volg opgesom tydens 'n 2018-onderhoud met Steve Paulson van Nautilus : "Dinge is beter as tevore, maar dit is egter steeds betreklik onbenydenswaardig. Dit kan vererger. Dit kom neer op 'n ietwat optimistiese oogpunt, want indien jy besef dat dinge beter is as tevore, beteken dit dat 'n mens dit selfs beter kan maak."

Volgens Harari het die idee van vrye wil en die liberale waardes wat dit help verstewig het, "mense aangemoedig om teen die Inkwisisie, die vermeende goddelike reg van konings en die KGB te veg," maar dit het egter gevaarlik begin raak in 'n wêreld wat beskik oor 'n data-ekonomie, waar, soos sy argument lui, daar in realiteit nie so iets bestaan nie, en regerings en korporasies die individu beter begin ken as wat hulle hulself ken, en "indien regerings en korporasies daarin slaag om die menslike dier te kaap, die maklikste mense om te manipuleer die sal wees wat in vrye wil glo." Harari brei verder uit dat "Mense sekerlik oor 'n wil beskik - maar dit is nie "vry" nie. Jy kan nie besluit welke versugtinge jy oor beskik nie...Elke keuse hang af van 'n klomp biologiese, maatskaplike en persoonlike omstandighede wat jy nie namens jouself kan vasstel nie. Ek kan kies wat om te eet, wie om mee te trou en vir wie om te stem, maar hierdie keuses word deels bepaal deur my gene, my biochemiese samestelling, my geslag, my familie-agtergrond, my kultuur, ens. - en ek kies nie watter gene of familie ek het nie."

Toekennings en erkenning Harari het reeds twee keer (in 2009 en 2012) die Polonsky-prys gewen vir "Kreatiwiteit en Oorspronklikheid". In 2011 het hy die Genootskap vir Militêre Geskiedenis se Moncado-toekenning vir uitsonderlike artikels in militêre geskiedenis gewen. In 2012 is hy verkies tot die Jong-Israelse Akademie vir die Wetenskappe.

Publikasies

Boeke Nexus: A Brief History of Information Networks from the Stone Age to AI, (Fern Press, 2024), Sapiens: A Graphic History, Volume 3 − The Masters of History (London: Jonathan Cape, 2024) Unstoppable Us, Volume 2 − Why the World Isn't Fair (Bright Matter Books, 2024), Unstoppable Us, Volume 1 − How Humans Took Over the World (Bright Matter Books, 2022), Sapiens: A Graphic History, Volume 2 − The Pillars of Civilization (London: Jonathan Cape, 2021) Sapiens: A Graphic History, Volume 1 – The Birth of Humankind (London: Jonathan Cape, 2020) 21 Lessons for the 21st Century (Londen: Jonathan Cape, 2018), Homo Deus: A Brief History of Tomorrow (2016), Sapiens: A Brief History of Humankind (Londen: Harvill Secker, 2014) The Ultimate Experience: Battlefield Revelations and the Making of Modern War Culture, 1450–2000 (Houndmills: Palgrave-Macmillan, 2008), Special Operations in the Age of Chivalry, 1100–1550 (Woodbridge: Boydell & Brewer, 2007), Renaissance Military Memoirs: War, History and Identity, 1450–1600 (Woodbridge: Boydell & Brewer, 2004),

Artikels "The Military Role of the Frankish Turcopoles – a Reassessment", Mediterranean Historical Review 12 (1) (Junie 1997), bls. 75–116. "Inter-Frontal Cooperation in the Fourteenth Century and Edward III’s 1346 Campaign", War in History 6 (4) (September 1999), bls. 379–395 "Strategy and Supply in Fourteenth-Century Western European Invasion Campaigns", The Journal of Military History 64 (2) (April 2000), bls. 297–334. "Eyewitnessing in Accounts of the First Crusade: The Gesta Francorum and Other Contemporary Narratives", Crusades 3 (Augustus 2004), pp. 77–99 "Martial Illusions: War and Disillusionment in Twentieth-Century and Renaissance Military Memoirs", The Journal of Military History 69 (1) (Januarie 2005), pp. 43–72 "Military Memoirs: A Historical Overview of the Genre from the Middle Ages to the Late Modern Era", War in History 14:3 (2007), bls. 289–309