Michael Blanding (gebore 19?? in Redwood City, Kalifornië) is 'n bekroonde Amerikaanse ondersoekende joernalis en skrywer van die topverkoper boek The Map Thief ("Die Kaartdief"). Die boek handel oor die lewe en bedrieglike optrede van E. Forbes Smiley III, 'n handelaar in antieke kaarte, en sy uiteindelike arrestasie toe hy gepoog het om kaarte uit antieke boeke in die Yale-biblioteek te steel.
Die Wall Street Journal het die volgende gesê oor Blanding se werk, "Blanding se mees ontroerende passasies vereer dié wat gehelp het om die wêreld te bou en dit stuk vir stuk te visualiseer soos ons dit vandag ken."
Verwysings
Kategorie:Amerikaanse joernaliste Kategorie:Amerikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in die 20ste eeu Kategorie:Lewende mense