Torgelower SV Greif is 'n sportklub uit Torgelow in die deelstaat Mecklenburg-Voorpommeren in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerspan. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir tafeltennis en handbal.
Die klub is in 1919 gestig as SV Greif Torgelow. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub heropgerig as SG Torgelow en in 1951 herdoop na BSG Stahl Torgelow. 'n Jaar later is die naam verander in BSG Motor Torgelow, maar na 4 jaar is die naam terugverander na BSG Stahl Torgelow. In 1963 is die klub weer herdoop na Nord Max Matern Torgelow (ook soms Nord Torgelow genoem). Max Matern was 'n Duitse kommunis en anti-fascis wat in 1935 deur die Nazi’s tereggestel is vir die moord op twee polisiemanne (in 1993 is Erich Mielke, oud-hoof van die Stasi, skuldig bevind aan die moorde). Die klub het 5 seisoene in die tweedevlak DDR-liga deurgebring.
Na die hereniging van Duitsland het die klub sy huidige (historiese) naam in 1990 teruggeneem.
Onlangse ligaposisionering 1990-91 (VI) Bezirksliga Neubrandenburg 7de 1991-92 (VI) Bezirksliga Oos 2de 1992-93 (VI) Bezirksliga Oos 2de 1993-94 (VI) Bezirksliga Oos 1ste 1994-95 (VI) Landesliga Meckl. Voorp. 6de 1995-96 (V) Verbandsliga Meckl. Voorp. 3de 1996-97 (V) Verbandsliga Meckl. Voorp. 4de 1997-98 (V) Verbandsliga Meckl. Voorp. 9de 1998-99 (V) Verbandsliga Meckl. Voorp. 3de 1999-00 (V) Verbandsliga Meckl. Voorp. 10de2000-01 (V) Verbandsliga Meckl. Voorp. 4de 2001-02 (V) Verbandsliga Meckl. Voorp. 8ste 2002-03 (V) Verbandsliga Meckl. Voorp. 4de 2003-04 (V) Verbandsliga Meckl. Voorp. 2de 2004-05 (V) Verbandsliga Meckl. Voorp. 1ste 2005-06 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 9de 2006-07 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 12de 2007-08 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 9de 2008-09 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 14de 2009-10 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 8ste 2010-11 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 1ste 2011-12 (IV) Oberliga Noordoos-Noord
Eksterne skakels Amptelike klubblad
Oberliga Noordoos-Noord 2007/08-seisoen Berlin AK 07 | BFC Dynamo | Hertha BSC Berlyn II | BFC Preussen | Lichterfelder FC | Spandauer SV | Tennis Borussia Berlyn | Türkiyemspor Berlyn | SV Yeşilyurt Berlyn | Greifswalder SV 04 | Ludwigsfelder FC | TSG Neustrelitz | Germania Schöneiche | FC Hansa Rostock II | Torgelower SV Greif | FSV Optik Rathenow
Torgelow