Age of Empires III of Age of Empires 3 (verkort na AoE3) is 'n rekenaarspeletjie wat deur Ensemble Studios ontwikkel en deur Microsoft uitgegee is. Dit is die derde speletjie in die Age of Empires-reeks, en die vierde in die Age-reeks. Die speletjie staan uit bo dié voor hom in die reeks deurdat hy kenmerkend beter grafiese eienskappe besit. Age of Empires III is 'n RTS-speletjie (Engelse afkorting vir Real-time Strategy), wat beteken dat die persoon in beheer amper soos 'n tipe van 'n god beheer het oor wat in die denkbeeldige wêreld op die rekenaar aangaan, en waar hy of sy baie mense se bewegings beheer en groot stede bou. Die era waarin Age of Empires III geset is, is tussen 1500 tot 1860 en dit handel uitsluitlik oor die ontdekking en die kolonialisering van die Amerikas.
Spesifikasies Omdat die speletjie redelik nuut is (dit is in November 2005 uitgegee), loop dit die beste op rekenaars met goeie spesifikasies, alhoewel die speletjie steeds op stadiger rekenaars sal loop. Age of Empires III is slegs vervaardig vir gebruik op Microsoft Windows XP, alhoewel dit op Windows 2000 kan loop, indien die gebruiker ál die lêers en vouers van 'n XP-rekenaar, waarop die speletjie geïnstalleer is, oorkopieer na die Windows 2000-rekenaar. Die speletjie word uitgegee op drie laserskywe. Die minimum spesifikasies vir Age of Empires III is 'n sentrale verwerker van 1 400 MHz, lukrake toegangsgeheue van 256 MG en 2 GG oop spasie op 'n hardeskyf.
Daar is een uitbreiding al uitgegee, naamlik Age of Empires III: The Warchiefs (Oktober 2006). Die tweede een, getiteld Age of Empires III: The Asian Dynasties, sal in die lente van 2007 uitgegee word. Age of Empires III: The Asian Dynasties sal Oosterse beskawings in die speletjie bring. The Asian Dynasties sal nie deur Ensemble vervaardig word nie, maar eerder deur Big Huge Games - 'n studio wat bekendheid verwerf het met hul gesogte Rise of Nations-speletjie.
Ander Age-speletjies Hierdie speletjies val almal in die Age-reeks van Esnemble Studios en Microsoft Games. Age of Empires Age of Empires I Age of Empires II Age of Mythology Age of Empires III
Nasies Vlag Volk Heerser Tuisdorp 70px Spanjaarde Konigin Isabella Sevilla 70px Britte Konigin Elizabeth Londen 70px Franse Napoléon Bonaparte Parys 70px Portugese Hendrik die Seevaarder Lissabon 70px Nederlanders Maurits van Oranje Amsterdam 70px Russe Iwan die Verskriklike Sint Petersburg 70px Duitsers Frederik II van Pruise Berlyn 70px Ottomane Süleyman I Istanboel
Age of Empires III: The WarChiefs Vlag Nasie Rewolusionêr Beskikbaar vir 70px Argentinië José de San Martín Duitse 70px Brasilië José Bonifácio de Andrade e Silva Portugese en Nederlanders 70px Chili Bernardo O’Higgins Ottomane en Spanjaarde 70px Venezuela Francisco de Paula Santander Ottomane, Franse en Russe 70px Haïti François-Dominique Toussaint L’Ouverture Franse en Britte 70px Meksiko Miguel Hidalgo Spanjaarde en Portugese 70px Peru Simón Bolívar Russe en Duitse 70px Verenigde State George Washington Britte en Nederlanders
Vlag Indiaanse stam Heerser Tuisdorp 70px Asteke Cuauhtémoc Tenochtitlan Sioux Gall Hunkpapa 70px Irokese Hiawatha Caughnawaga
Age of Empires III: The Asian Dynasties Vlag Nasie Heerser Tuisdorp 50px Japan Tokugawa Ieyasu Edo 50px China Kangxi Beijing 50px Indië Akbar Delhi
Kategorie:Microsoft Kategorie:Rekenaarspeletjies