Stefanus I was die 23ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie Pous Stefanus I was 'n gebore Romein van Griekse afkoms. Hy was Pous Lucius I se aartsdeken en is deur hom as opvolger aangestel. Op 12 Mei 254 volg hy Pous Lucius I op en word op 30 Augustus 257 opgevolg deur Pous Sixtus II. Die naam ‘Stefanus’ beteken “gekroonde” (uit Grieks).
Pontifikaat Tydens Stefanus I se pontifikaat was daar groot druk op die Kerk sowel van binne as van buite. Onder die vervolgings van keiser Decius het baie Christene hulle geloof versaak. Dit het gelei tot 'n diskussie binne die kerk of hulle weer tot die kerk toegelaat kan word. Daar is ook met Cyprianus gestry of sulke mense weer gedoop moes word. Stefanus het besluit dat herdoop nie verpligtend is nie. Dit het gelei tot die ekskommunikasie van Cyprianus en byna tot 'n breuk met die Kerk in Afrika en die Ooste.
Ook die hernude instelling van die biskoppe van Léon en Astorga het tot konflik gelei. Hulle het hulle geloof uit veiligheidsoorwegings versaak, maar wou later terugkeer. Stefanus was glo ten gunste van hulle heraanstelling, hoewel die teenoorgestelde ook beweer word.
Stefanus het die onverbreekbaarheid van die eg verdedig en die gebruik van verloofringe ingevoer.
Verering Stefanus word as heilige en martelaar vereer in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op 2 Augustus. Stefanus het gesterf deur onthoofding (legendaries). Sy kop word in Speyer (Duitsland) as reliek vereer. Stefanus is die beskermheilige van Hvar.
Eksterne skakels
Nota Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s.
Opvolging
Stefanus I Stefanus I Kategorie:Sterftes in 257