Die Knoop was 'n Afrikaanse skakellys of portaal wat deur die Pretoriaanse ingenieur, Gerrie de Beer, gestig is en onderhou was. Dit was een van die eerste en een van die grootste Afrikaanse skakellyste op die web. Die Knoop het in 2007 'n gemiddeld van 750 besoeke per dag gekry.http://extremetracking.com/open;sum?login=dieknoop Die webwerf se gewildheid onder Afrikaners op daardie stadium blyk uit dat ruim driekwart besoekers die URL sélf intik om by die webwerf te kom.

Geskiedenis Die Knoop het begin as 'n skakellys op een van De Beer se persoonlike webwerwe, wat gehuisves is by www.geocities.com/Heartland/9657/dieknoop.htm. In 1998 het De Beer die domeinnaam dieknoop.co.za gekoop en die Geocities-webwerf daarheen laat herverwys.

Die skakellys was aanvanklik 'n enkele bladsy, maar kort nadat die hoeveelheid skakels die duisend-getal oorskry het, is sommige groter afdelings op aparte bladsye geplaas. Die Knoop se slagspreuk was vroeër "honderde Afrikaanse skakels", en het later verander na "duisende Afrikaanse skakels".

Dit is waarskynlik dat Die Knoop sy ontstaan gehad het nadat Gerrie kontak met Afr Oppie Net gehad het.

Mettertyd het De Beer ander domeinname opgekoop om na Die Knoop te herlei. Een hiervan was afrikaans.co.za, want tans nie meer deur De Beer besit word nie.

Die Knoop het ruimskoots van advertensieskakels gebruik gemaak, en heelwat van die "nuwe" skakels was niks meer as geborgde skakels wat nie as sulks aangedui word nie. Dit het egter nie Die Knoop minder gewild onder sy gebruikers gemaak nie.

Kampvegter vir Afrikaans Die Knoop se gewildheid onder Afrikaanse besoekers het vroeg reeds sekere Suid-Afrikaanse maatskappye genoop om hul webwerwe in Afrikaans beskikbaar te stel. Hier onder tel die bankreus ABSA , wat reeds in 1997 op Die Knoop gekasty is vir sy toentertydse gebrek aan Afrikaans.http://groups.google.com/group/soc.culture.south-africa.afrikaans/browse_thread/thread/afc1d0bddc54a834/483c6aaf351f69d1?lnk=st&q=gdb%40usa.net&rnum=1&hl=en#483c6aaf351f69d1

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse webwerwe Kategorie:Suid-Afrikaanse webwerwe